DEUR MARELI SWART
Vandag dreun die lirieke van “Dis altyd lente” na elke mooi drie wat op die rugbyveld gedruk word. Dié ondersteunerslied is egter skaars 20 jaar oud. Voorheen hetdie skare wat by Coetzenburg bymekaar gekom het ook baie ander staatmakerliedjies gesing.
Sport is egter nie sport sonder ondersteuners nie, en universiteitsport nog minder só sonder studente wat bereid isom hulle studietyd prys te geeom ’n groot maroen golf langs die veld te vorm. Voordat studente se Maandagaande deur Varsitybeker-rugby oor-heers is, het Maties hulle dosisgeesdrif gekry by Intervarsity– ’n reeks verskillende sportwedstryde wat gewoonlik teen die aardsvyand Ikeys gespeel is.
Die Intervarsity-tradisie het in 1911 tussen die US (toe Victoria Kollege) en die UK (Universiteit van Kaapstad, toe Suid-Afrikaanse Kollege) begin. Toe albei hierdie instellings in 1918 as universiteite gevestig is, het Stellenbosch die vyand verras deur ’n klavier en die eerste dirigent te gebruik om gees te skep; dít was iets waarvoor Intervarsity later bekend geraak het. Dit was ’n karnaval van sing-songs, trompoppies, blaasorkeste, krete sing en sjampanjenooiens (soortgelyk aan vandag se Mej. Varsity Cup).
In die 1980’s het oproerige, dronkgedrag hierdie geleentheid gebrandmerk.
Die Matie was daar om die traangasdebakel van 1986 vas te vang toe vrolike studente hulle plekkie op die veld wou merk en met die gereg kopgestamp het – ’n reaksie wat vandag se streaker gevolg deur ’n kampussekuriteitswag nog nie ontlok het nie. Drankgebruik by hierdiegeleenthede word steeds gekritiseer, hoewel die meeste studente deesdae tevrede moet wees met ’n live stream van ’n Varsitybeker-wedstryd.
Die tradisies van trompoppies en sjampanjenooiens is ook in daardie jare afgeskaf vanweë die seksistiese aard daarvan, volgens die boek Imagining the city wat in 2007 verskyn het.
Hoewel Maties se onder-steunerskultuur deur die jare verskeie baadjies gedra het, bly die student op die kantlyn een van die belangrikste faktore vir ’n suksesvolle dag op die veld.