Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR KARLA VAN DER MERWE

Hoewel Die Matie voorheen onder die beskerming van die Universiteit Stellenbosch (US) se studenteraad (SR) uitgegee is, het dié koerant die SR nog altyd op hulle tone gehou met verslaggewing oor dié raad.

Volgens ’n verklaring deur 2021 se SR, is die SR se doel op kampus om ’n verteenwoordigende liggaam te wees. Die SR se primêre rol is om na studente-belange om te sien. In ’n onder-houd met Die Matie op 31 Mei 2021, het die SR verduidelik dat hulle daarop toegespits is om geleenthede vir ontwikkeling en groei te skep.

Die SR bestuur verskeie projekte, soos die Matie2Matie-, Registerall-en BeYou-inisiatiewe, om studente met finansiële hulp te ondersteun en seker te maak dat studente se geslagsidentiteit korrek op die US-stelsels aangebring is. 

Die SR het voorheen ook inklusiwiteit ondersteun. In 1985 het die SR prof. Mike de Vries, toe die rektor, ondersteun in sy poging om die universiteit oop te stel vir studente van alle rassegroepe. 

“Die SR deel die toekomsblik oor ’n ruimer toelatingsbeleid wat die rektor op so ’n duidelike en beredeneerde wyse aan ons voorgehou het,” het ’n persverklaring deur die SR gelui wat in 1985 in Die Matie verskyn het. 

“Met die nodige erkenning aan die herkoms en die tradisionele ondersteunersgemeenskap van onsuniversiteit, bied dit aan ons die geleentheid om ’n toekoms van versoening en voorspoed in die vooruitsig te stel,” volgens dié persverklaring.

Hoewel die SR oor die jare baie grense verskuif het, was daar helaas ook laagtepunte. Die jaarlikse SR-verkiesing, waaroor vroeër jare ’n spesiale uitgawe van Die Matie verskyn het, was ’n gebeurtenis wat nie sonder haakplekke verloop het nie. 

Ná 1946 se SR-verkiesing, hetDie Matie in die uitgawe van 22 Maart 1946 berig dit is duidelik dat US-studente byna glad nie in die bestaan van ’n studenteraad belangstel nie, en dat daar omtrent na studentegesoek moes word om enigsins aan die verkiesing deel te neem.

“Is dit omdat die studente nie belangstel in wesenlike sake nie? Nee, dit is nie dit nie, want as daar ’n skorsingsaak is of as tokkelokke te veel word, is die sale te klein. 


NUWE ERA Die Matie se voorblad van 2 September 1998 met Wynoma Michaels, die US se eerste nie-wit SR-voorsitter.

“Maar as die voorsitter gekies moet word, is daar ’n gesoek na 13 individue om by die 87 gevoeg te word wat al ongeduldig sit en wag. 

Dit kom dus voor asof die SR self by die student geen wesenlike saak is nie – wie opkom en wie voorsitter is, maak nie saak nie,” het dié berig gelui.

Tydens die SR-verkiesing van 1987 het Die Matie oor ’n “vuilspel” berig. ’n Smeerpamflet wat ten doel was om die VerenigdeStellenbosch Front (VSF), ’n studenteparty wat aan die verkiesing deelgeneem het, te diskrediteer. Die pamflette was in dié party se naam versprei. In die inhoud van die pamflet is daarop aangedring dat die destydse rektor moes bedank omdat hy glo ’n “onderdrukker” was.

Die SR-verkiesing van 2019 het ook nie sonder probleme verloop nie. Die voorsitter en ondervoorsitter is ná ’n baie lang oponthoud verkies. Dié verkiesings is onder meer uitgestel weens aantygings van seksuele aanranding teen drie van die gekose SR-lede. Hierdie aangeleentheid is ook deur die Gelykheidseenheid ondersoek.

Oor die jare het die SR ook onderlinge interne probleme ervaar. Wat die politieke rol van die SR betref, was daar byvoorbeeld in 1988 ’n meningsverskil onder sommige SR-lede. Jaco Broodryk, SR-lid ver-antwoordelik vir verenigings, het gemeen die SR was té betrokke by die algemene politiek van die dag en dat dit veroorsaak het dat die studente-unie die relevansie van die SR betwyfel. 

“Die SR moet hulle spreek-woordelike kar uit Parlementstraat kry en dit in Victoriastraat parkeer, waar dit hoort,” het Broodryk in Die Matie gesê. 

Die Matie het later in 1988 berig dat ander SR-lede ernstig van Broodryk verskil het. Hy is tydens ’n SR-vergadering aangeval waartydens gesuggereer is dat hy die betrokke stelling net gemaak het om “sy kandidatuur vir SR-voorsitter te probeer bevorder”. 

In 2019 was daar weer interne konflik. Na aanleiding van verskeie faktore het twee SR-lede, Lethiwe Mbatha en Alchadvon Fransman bedank. Albei het in hulle bedan-kingsbriewe gesê onaangename ervarings ten opsigte van mede-SR-lede het daartoe bygedra dat hulle bedank het. 

Die SR van 2021 het in ’n onderhoud met Die Matie gesê die beste manier waarop die SR kan verbeter, is om altydkonsekwent op te tree en te “verseker dat die goeie werk wat deur dié SR gedoen word na die volgende termyn oorgedra word”.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial