Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR LEE ESTERHUYSEN

Dr. Anton Ehlers, ’n senior lektor in die Departement Geskiedenis, is die dosent wat al die langste by die Universi-teit Stellenbosch (US) werk. Ehlers het aan die universiteit studeer en doseer nou ook al 36 jaar lank aan die US.

Ehlers het onderwys studeer en in 1979 sy honneursgraad verwerf. Hy gee sedert 1985 by die universiteit klas, en hy spesialiseer in sakegeskiedenis.

Ehlers, wat aan Die Matie gesê het hy “tel elke Woensdag die koerant op”, blaai eerste na die spotprent en die rugby-uitslae.

Hy sê dosente lees meestal Die Matie om net een van twee redes. 

Die eerste is om te sien of hulle “Kampus Quotes” gehaal het vanweë die komiese opmerkings wat hulle in die lesing-lokaal gemaak het, en die tweede is om te sien of Die Matie iets geskryf het oor hulle vakgebied.

“Ek het altyd my klasse geopen deur ’n artikel uit Die Matie voor te lees. Ek het ook altyd gewens dat een van my opmerkings in die klas die koerant sal haal,” sê hy.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial