Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR TIAAN BOOYENS

Afrikaanse studente hou die toekoms van Suid- Afrika in hul hand en kan daarom ’n belangrike rol in die veranderingsproses in die land speel. Só het die digter Breyten Breytenbach op 16 April 1986 gesê. 

Hierdie stelling, wat 35 jaar gelede gemaak is by ’n vergadering van die Nasionale Unie van Suid- Afrikaanse Studente (Nusas) by die Universiteit Stellenbosch (US), is steeds van toepassing. 

Reeds dekades gelede, en lank voor die eerste demokratiese ver-kiesing van Suid-Afrika, was daar al ’n sterk beweging van studente wat met dié idee kon vereenselwig. Selfs in die afgelope paar jaar is dit duidelik dat studente gereeld dié is wat gesprekke rondom vooruitgang en inklusiwiteit dryf, maar selfs toe was daar al gewonder of Afrikaanse studente genoeg doen om hulle gemeenskap se taal op kampus te bevorder. 

“Indien die Afrikaner, veral die Afrikanerjeug, nou begin met ’n hervormingsproses, kan ons sê die ‘game is nog lank nie verby nie – hier is plek vir almal’,” het Die Matie oor Breytenbach se 1986-toespraak berig. 

Breytenbach het ook in daardie toespraak gesê dat antagonisme teen Afrikaans as taal bestaan en dit het hoofsaaklik weens die verbintenis met apartheid ontstaan, het Die Matie berig. 

“Afrikaanskap hoef nie afge-sweer te word om hierdie rol [van die veranderingsproses in die land] te speel nie, maar dan moet daar ’n ander en positiewe inhoud daaraan gegee word. Alleen dan kan Afrikanerskap ’n sterk komponent in die transformeringsproses wees.” 

Breytenbach het verder in Die Matie van 22 Februarie 1990 (dieselfde maand waarin oudpres. Nelson Mandela ná 27 jaar uit die tronk vrygelaat is) gesê: “Stellenbosch het ’n langer pad om te loop as enige ander plek in die land, want die studente verkeer in ’n waan van selftevredenheid.” 

Breytenbach het gesê studente, veral Afrikaansprekendes,het ’n plig om hulleself te bemoei in die stryd van hulle medestudente en die wyer gemeenskap. 

“Afrikaners het ’n spesifieke bydrae om uit hul agtergrond tot die transformasieproses van die Suid-Afrikaanse samelewing te maak. Die onus rus op elke Suid- Afrikaner, ongeag sosiale status of agtergrond, om verandering teweeg te bring,” het Breytenbach volgens Die Matie gesê. 

Breytenbach is deesdae steeds betrokke by gemeenskapsbou en die bevordering van kuns en kultuur. Van sy nuutste kunswerke word uitgestal in die Breytenbach-sentrum – ’n multidissiplinêre kultuursentrum in Wellington vir opleiding in en blootstelling aan beeldende kunste, musiek, drama en die skryfkuns. 

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial