VANG GEES! Die Maties-rugbyspan het die skare opgesweep tydens die 2008-Varsitybeker-finaal, wat hulle toe ook gewen het. Foto: Johann Swart

Dis Mos Altyd Lente op Coetzenburg

DEUR MARELI SWART

Vandag dreun die lirieke van “Dis altyd lente” na elke mooi drie wat op die rugbyveld gedruk word. Dié ondersteunerslied is egter skaars 20 jaar oud. Voorheen hetdie skare wat by Coetzenburg bymekaar gekom het ook baie ander staatmakerliedjies gesing.


BEL DIE POLISIE Polisielede gryp in nadat die Intervarsity-skare in 1986 te jolig geraak het. Foto: Die Matie

Sport is egter nie sport sonder ondersteuners nie, en universiteitsport nog minder só sonder studente wat bereid isom hulle studietyd prys te geeom ’n groot maroen golf langs die veld te vorm. Voordat studente se Maandagaande deur Varsitybeker-rugby oor-heers is, het Maties hulle dosisgeesdrif gekry by Intervarsity– ’n reeks verskillende sportwedstryde wat gewoonlik teen die aardsvyand Ikeys gespeel is.


KLINK ’N GLASIE Die 1966-sjampanjenooi saam met al die dirigente en ’n tradisionele glasie vonkelwyn. Foto: Die Matie

Die Intervarsity-tradisie het in 1911 tussen die US (toe Victoria Kollege) en die UK (Universiteit van Kaapstad, toe Suid-Afrikaanse Kollege) begin. Toe albei hierdie instellings in 1918 as universiteite gevestig is, het Stellenbosch die vyand verras deur ’n klavier en die eerste dirigent te gebruik om gees te skep; dít was iets waarvoor Intervarsity later bekend geraak het. Dit was ’n karnaval van sing-songs, trompoppies, blaasorkeste, krete sing en sjampanjenooiens (soortgelyk aan vandag se Mej. Varsity Cup). 


M IS VIR MATIES Ondersteuners se kleredrag in 1966 verskil wêrelde van vandag se maroen hempies. Foto: Die Matie

In die 1980’s het oproerige, dronkgedrag hierdie geleentheid gebrandmerk. 


MFM SE PIENK BANK Twee redaksielede en twee Springbok 7’s-spelers geniet Die Matie in 2020. Foto: Brynley van Aardt

Die Matie was daar om die traangasdebakel van 1986 vas te vang toe vrolike studente hulle plekkie op die veld wou merk en met die gereg kopgestamp het – ’n reaksie wat vandag se streaker gevolg deur ’n kampussekuriteitswag nog nie ontlok het nie. Drankgebruik by hierdiegeleenthede word steeds gekritiseer, hoewel die meeste studente deesdae tevrede moet wees met ’n live stream van ’n Varsitybeker-wedstryd.


GESIGVERF Ondersteuners van verskillende spanne was in 1994 gretig om te wys waar hul lojaliteite lê. Foto: Die Matie

Die tradisies van trompoppies en sjampanjenooiens is ook in daardie jare afgeskaf vanweë die seksistiese aard daarvan, volgens die boek Imagining the city wat in 2007 verskyn het.

Hoewel Maties se onder-steunerskultuur deur die jare verskeie baadjies gedra het, bly die student op die kantlyn een van die belangrikste faktore vir ’n suksesvolle dag op die veld.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial