Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer
SLOW INTIMACY Die uitstalling was van 12 tot 28 Oktober oor drie lokale in Stellenbosch – die GUS, IS Art Gallery en Oude Leeskamer – as Slow Intimacy I, II en III. Photo Credit: Corli de Clerq.

Deur Emma Hamman 

Op die hoek van Bird- en Dorpstraat in die klein, wit Gallery van Universiteit Stellenbosch (GUS), het kunsliefhebbers bymekaar gekom om werke geïnspireer deur langsame intimiteit te vier. Met instapslag word jy verwelkom met opgewonde glimlagte, kleur en tekstuur, en smeek jou oë jou om ʼn bietjie langer by elke uitstalling te staan. 

Die driedelige Slow Intimacy-uitstalling het ontstaan as reaksie op die Slow Violence-beweging. Die tentoonstellings vorm deel van die Toyota Woordfees se visuelekunsprogram en strek van 12 tot 28 Oktober oor drie lokale in Stellenbosch – die GUS, IS Art Gallery en Oude Leeskamer – as Slow Intimacy I, II en III.

Stella Viljoen en Ernst van der Wal tree op as die hoofkurators van die tentoonstelling. Van der Wal verduidelik dat die projek gepaard gaan met die Slow Intimacy-konferensie wat terselfdertyd by Stellenbosch Institute for Advance Study (STIAS) plaasvind . 

“Die konferensie is die diskursiewe vastrapplek van die uitstalling,” vertel Van der Wal.

Digter en akademikus, Gabeba Baderoon, het Woensdag 12 Oktober die uitstalling by GUS geopen en die gaste uitgedaag om vir een aand totale beheer aan hulle liggame oor te gee. Sy het die gaste gevra om op te let waar hulle liggaam ʼn bietjie langer wil stilstaan en waarnatoe hulle aangetrokke is. 

“Moenie vanaand funksioneel wees nie, moenie ʼn goeie student wees nie – wees hier en sien hoe jou liggaam jou lei,” beveel Baderoon aan.

By Slow Intimacy I word die kunste en juweliersware saamgebind deur strategieë van nesmaak, rus, collages en versamelings. Dit word spesifiek in die konteks van die “huis” as ʼn ruimte van liggaamlike intimiteit beskou. Hier is die werk van onder andere Sitaara Stodel, Stephané Edith Conradie, Nomusa Musa Mtshali en Anne Lacheiner-Kuhn gepaard met verskeie juweliers en studente van die juweliersontwerp-afdeling van Universiteit Stellenbosch (US).  

Slow Intimacy II is by IS Art ten toon gestel. Hier is kunstenaars soos Elizabeth Gunter en Cow Mash uitgedaag om struikelblokke wat gepaard gaan met die kweek van langsame intimiteit en veral ook die onaangename dele van hierdie konsep wat so baie hoop saamdra. 

Hier is kunstenaars soos Elizabeth Gunter en Cow Mash uitgedaag met die struikelblokke en onaangename dele wat gepaard gaan met die kweek van langsame intimiteit, ʼn konsep wat so baie hoop saamdra. 

Die voyeuristiese gedrag wat ons verhouding met die wêreld om ons illustreer, word beklemtoon in Slow Intimacy III. Hierdie uitstalling in Oude Leeskamer stel werk van Katherine Bull, Asemahle Ntlonti en Sivan Zeffertt voor. 


Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial