Foto: Verskaf

Love & Legehness tydens Lockdown

DEUR DOMINIQUE FUCHS

Van Pletzen se nuwe electro-pop album, Love & Legehness, kon nie op ’n beter tyd gekom het nie. Die 15 bangers verskaf goeie vibes en lekker beats tydens die landswye inperking. Peach en Nax is bekend as grapjasse en soos normaalweg is daar klomp snaakse liedjies soos “Pap is Dik” en “Kakgroot”.  

Daar is ook ’n paar dieper liedjies wat handel oor die liefde en wat mens se hartsnare tokkel. “Hartedief”, “Vir Ewig” en “Stop die Games” is nie die tipiese soppy love songs nie, maar het steeds ’n lewendige beat en mens wil net saam headbang. “Dronk op die liefde” is ook een van die ernstiger liedjies en handel oor die high wat gepaard gaan met verliefdheid en dan die harde slag terug aarde toe.  

Kunstenaars soos Jack Parow, Biggy en Early B maak ook ’n verskyning. Van Pletzen se interessante taalgebruik wat hulle as “Mengels” gedoop het, verskaf vermaak.  

Die Matie het met Van Pletzen gesels oor hul nuwe album.  

Beskryf die album in vyf woorde. 

Love, legehness, grootness, mengels, beseks. 

Hoe lank het julle aan die album gewerk? 

Aan en af vir bietjie meer as ’n jaar. 

Wat is julle gunstelingliedjie van die album? 

Dit verander die heeltyd, maar tans is dit “Kakgroot”, “Stop die Games”, “Drooming” en “Always en Altyd”. 

Wat was julle inspirasie vir die liedjies? 

Elke song is soos sy eie klein wêreld. Sien elkeen van die 15 songs as een van jou vriende met sy eie persoonlikheid.  Elke song het ’n ander inspirasie, maar van die hooftemas op die album is liefde, legehness, partying, going kakgroot, change en relationships

Hoekom is die vrystel-datum van die album nie uitgestel niemaar  juis tydens lockdown vrygestel? 

Die virus het reeds veroorsaak dat soveel dinge skuif en soveel verandering gebring dat ons gevoel het dat ons nie die release date óók  gaan verander nie. Ons gaan stick daarmee en glo dat dit die regte tyd is vir die album om uit te kom. Besides, mense kort nou die legehness meer as ooit.  

Waar kom die name Nax en Peach vandaan? 

Nax of Naxy kom actually van die naam Nik Nax (wat Nax se volle naam is). Peach volg my al ’n lang pad maar deesdae gaan ek onder die naam Groothond. 

’n Paar bemoedigende woorde vir julle fans tydens lockdown? 

Ons is amper daar, dankie vir almal wat by die huis chill en alleen groot gaan in hul kamers!  Ons kan nie wag om jul binnekort weer by shows te sien en almal saam te party nie!  Ons hoop julle geniet die album! 

Van Pletzen gaan weer hierdie jaar by Rocking Stellies te sien wees. “Kakgroot” praat beslis die waarheid met die lirieke “Van Pletzen laat jou goed voel”.  

Luister die album op Apple Music of Spotify.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram