Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Janke van Schalkwyk

“Bly jy nog in die nuwe Suid-Afrika? Wel, dis super ou nuus!” ’n Groep tweedejaar drama studente van die US het met hulle debuutproduksie: Nuwe Republiek Van Die Nuwe Nuwe Suid-Afrika gewen by die Vrystaat Kunstefees as Beste Vrynge produksie-nasionaal. Die Vrystaat Kunstefees vind jaarliks in Bloemfontein plaas.

Murphy stel dat hulle vir die gehoor probeer wys dat die ou probleme nuwe probleme geword het en “spot met beloftes wat gemaak word tydens verkiesingstyd, soos detyds in 1994 en ook nou tydens verkiesings.”

Die gesinne beeld verskeie sosiale groepe in Suid-Afrika uit, onder andere die Krugers vanaf Durbanville, die Steyns ‘n homoseksuele paartjie, die Halls wat skatryk is, die Cloetes van Mitchellsplain en laastens die Louws wat verskeie geraamtes in hulle eko-vriendelik kaste wegsteek. Maar wie word op die ou einde gekies as die beste getransformeerde gesin om na die NRNNSA toe te gaan?

NRNNSA handel oor vyf gesinne wat deelneem aan ’n televisieprogram om gekies te word as die nuwe inwoners van die Nuwe Nuwe Republiek van Suid-Afrika Die produksie is ‘n werkswinkelproduksie wat oorspronklik geskep is in die US Drama Departement as ‘n klaswerkstuk.

Reuben Murphy, Hendrik Nieuwoudt en Kristin Pienaar was betrokke by die oorspronklike teks. Die verwerking se geselskap bestaan uit Murphy, Nieuwoudt en Pienaar, tesame met Carla Smith, Devonecia Swartz, Lara de Bruijn en Conradie van Heerden.

Die regie is deur die geselskap as ’n geheel behartig. Die tegnies is deur Danielle Louw behartig. Louw is ‘n oudstudent aan die US se drama departement en het ook in 2017 beste tegnies gewen by die US Woordfees.

NRNNSA word met trots ondersteun deur NATi en sal ook te sien word by die US Woordfees 2-18 Maart 2018. Hou ook NRNNSA se Facebook-blad dop vir meer inligting.

 

Foto: Divan Buys

 

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial