Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Carla Visagie

Al beweer Refentse dat Vanderbijlpark ’n plek is waar die kinders die honde byt en wat selde goeie eindprodukte oplewer, het die gehoor by Refentse se konsert in Jan Marais natuurreservaat op 6 Maart beslis nie saamgestem nie.

“Hulle sê ons gaan nou ’n wildtuin in Gauteng kry, hulle wil blykbaar ‘n draad om Vereeniging span,” was Refentse se opmerkings voor een van sy liedjies.

Sy rasperstem het die gehoor steeds vasgevang soos die eerste keer wat Annie Kleintjie ’n video van hom op Facebook gesit het in 2015.

Met geure wat jou maag amper harder kon laat grom as die musiek en die beeldskone omgewing waarin die konsert geleë was kon jy nie anders as om by die uitgang uit te stap met ’n tevrede glimlag op jou gesig nie.

Refentse se konsert was een van sewe konserte by Jan Marais natuurreservaat aangebied deur Sanlam.

Hy het nuwe lewe gegee aan ou treffers soos Sonvanger, Hit the Road Jack, Country Roads,  Voshaarnooi en Loslappie.  Hy het ook ‘n paar “taxitreffers” (soos hy dit noem) gesing, soos Jika en Charlotte.

Toeskouers kon ook na hartelus hulle saamsing op treffers eie aan hom soos Anoret en Vuil Vanderbijl. 

Yolandi van Zyl, een van die toeskouers, het gesê” “Refentse is ’n uitstekende sanger en ek dink hy is ’n baie goeie verteenwoordiger vir die Afrikaanse musiekbedryf.  Hy is veral een van my gunsteling sangers omdat hy so goeie Afrikaanse uitspraak het, gegewe dat dit nie sy huistaal is nie”.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial