Hanri Hattingh

Foto:’s Dané Eloff

Die agtste Dagbreek Straatmyl het hierdie jaar internasionale aandag getrek.

Die Straatmylfees het die jaar vir die eerste keer internationale aandag getrek. Luuk Wagenaar, ’n Nederlandse middelafstand atleet, het sy posisie ingeneem tussen die Stellenbosch studente vir die Elite Mans afdeling. Dit was sy heel eerste straatmyl, en hy het dit voltooi in 4 minute 12 sekondes.

Die skaatsplank-afdeling groei elke jaar.

Die agtste Dagbreek Straatmyl het om 18:00 Dinsdagmiddag, 6 Maart losgespring. Dié wedloop vorm deel van die jaarlikse Universiteit Stellenbosch Woordfees, en is die enigste skaatsplank myl in Suid-Afrika.

Die eerste Dagbreek Straatmyl het in 2011 plaasgevind as eerbewys aan oud-Dagbreek inwoner De Villiers Lamprecht. Lamprecht is die eerste SA atleet om die myl onder vier minute te hardloop – ’n droommyl. Dié geskiedkundige wedloop het by Coetzenburg Stadium plaasgevind op 13 November 1964.

Johan Cronjé het na ’n jaar van herstel aan ’n heup-operasie weer sy spiere kom strek in Victoriastraat. Die Olimpiese atleet het koning gekraai in 2013, 2015 en 2016, met ’n droommyl prestasie in 2015 van 3:59.49.

Tog was die titel as wenner van die Elite Mans afdeling van 2018 aan Ashley ‘Blokkie’ Smith oorhandig, met ’n tyd van 4:08,96.

Die ned

Somolon Jansen na sy oorwinning.

erige wenner van die Ope Mans afdeling, Solomon Derkse, was van mening dat sy mede-deelnemers baie potensiaal gewys het.

Op die vraag of dit ’n uitdaging was het hy sku geantwoord dat die 180° omdraai was nogals challenging was.

Yandiswa Shanye het die vroue afdeling gewen, met ’n tyd van 5:14,64.

Skaatsplankry moet nie onderskat word nie – dié sport het in 2016 Olimpiese status behaal, en vorm deel van die 2020 Somer Olimpiese spele in Tokyo.

Ben Fish het hiérdie afdeling gewen, met ’n tyd van 3:42,44.

Die gees van Maties studente is iets om te aanskou – Irene dameskoshuis het in ’n bondel blou die Ope Dames myl saam aangepak.

Superhelde wag om weg te spring.

Intussen het Spider-Man en Superman (of te wel, Dagbreek HK-lede David Rosselli en Francois Knoetze) seker gemaak alles loop vlot in hul dorp. Rosselli het die Ope Mans geopen met ’n grasieuse boksprong.

“Ons soek kamerpunte!” het die helde laat hoor.

Met die Paul Roos-drumline in die agtergrond, som Dagbreek HK-lid Wiehan van Niekerk die atmosfeer perfek op:

“Die feit dat [die Straatmyl] die jaar deelvorm van die Woordfees én dat dit Eeufees is… ja, dis verseker groter as ander jare.”