Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DOMINIQUE FUCHS HET ‘N PAAR VRAE AAN DIE NEDERIGE EN TALENTVOLLE DANIE DU TOIT, HOOFSANGER VAN SPOEGWOLF, GESTEL.

Spoegwolf het ’n nuwe era in Afrikaanse musiek ingelui. Met hul trefferliedjies propvol emosie hang fans aan hulle lippe. Hulle vierde album Koma het grense verskuif deur die eerste Afrikaanstalige musiekalbum te wees wat die eerste posisie op die Apple Music-trefferalbumlys bekleë. 

Spoegwolf het onlangs “Lenie Blou ІІ” vrygestel en vir aanhangers ’n voorsmakie gegee van hul nuwe album, See. Gelukkig hoef aanhangers net tot 14 Februarie 2020 uit te hou om dit in die hande te kry. Wat is die resultaat as jy ’n kopieskrywer, sjef, ingenieur en geskiedenis-dosent bymekaargooi? ’n Groot suksesverhaal. 

Dominique Fuchs het ’n paar vrae aan die nederige en talentvolle Danie du Toit, hoofsanger van Spoegwolf, gestel.

Gaan julle nuwe album, See, baie verskil van jul vorige albums?

Die musiek is baie anders as die vorige album; dis ’n klein bietjie meer seevierend (mind the pun). Daar is bietjie meer happiness en fun in die album. Ons probeer weer na ons roots terugkeer. Toe ons begin het met musiek, het ons op die strate musiek gemaak en by markies en feeste. Ons wil weer musiek maak wat vir ons lekker is om te maak en wat vir ons lekker laat voel aan die binnekant.

Hoe lank het dit gevat om te kom waar julle nou is?

Waar ons nou is, is nie waar ons wil wees nie. Dit gaan nog baie langer vat om te wees waar ons wil wees, maar dit is vir ons ’n lifelong commitment – ons doen dit al vandat ons in graad drie bymekaargekom het as vriende, so van 2001 af. It’s been a long road – ons kon eers die laaste twee jaar ’n living daaruit maak.

Skryf jy meeste van die lirieke? Lirieke skryf is soos poësie – van watter skrywers put jy inspirasie?

Yes, ek skryf die lirieke. Dis seker naby aan poësie, maar poësie is baie moeiliker, ek is nou nie ’n digter nie, net ’n liedjieskrywer. My gunstelingskrywers op die oomblik is Danie Marais en ek is mal oor Nick Cave. 

Danie, jy sing met soveel emosie. Is die lirieke gegrond op persoonlike ervarings en wat is jou muses?

Ek is bly die emosies word positief ervaar. Mens skryf oor die lewe, oor dinge wat vir jou saak maak en dinge wat vir jou belangrik is. Ek skryf rêrig baie vir Marguerite, my meisie, en sy is vir my ’n groot bron van inspirasie. 

Hoe balanseer julle die restaurant (Drum), studies en shows?

Life is a balancing act anyway en as jy ’n goeie support structure het – Marguerite het my só support en my vriende, my familie – kan jy al hoe meer en meer goed balanseer. 

Raak julle ooit moeg vir mekaar aangesien julle so baie tyd saam spandeer?

Ja, ons raak moeg vir mekaar. Ons is actually al moeg vir mekaar van die heel begin af. 

Raak die inspirasie ooit min en kry jy soms ’n skrywersblok?

Inspirasie wat min raak? Nee, ek dink nie ek het dit al ervaar nie. Ek is deeply inspired deur die dinge in my lewe en ongelooflik bevoorreg. Sover is daar so baie om te sê en so baie om oor te sing. Life is really crazy en dis lekker om deel daarvan te kan wees en iets daaroor te kan sê.

Wat is julle pre-show roetine?

Ons drink niks voor ’n show nie en rook niks nie. Ons het ’n baie strict policy oor almal wat sober moet wees by die show – dis vir ons baie belangrik. Voor ’n show doen ons stemopwarming vir so 10 minute, dan bid ons net nadat ons so ’n klein liedjie doen, ons noem dit “The Man of Constant Sorrow”, dis iets waarmee ons almal assosieer. Dis ’n liedjie wat ons drie of vier keer ’n week sing. So ons sing dit voor elke show en ons doen dit al vir amper ’n dekade – selfs voor ons Spoegwolf was. 

Hoe voel jy oor vandag se show by Aandklas?

Is dit hierdie Woensdag? Moenie vir my sê dis hierdie Woensdag nie.

Het jy enige wyse woorde vir aspirante musikante?

Die beste raad wat ek al in my lewe gehoor het is “the band is bigger than the music”, so musikante sal dit verstaan. Die grootste probleem wat jy kan teëkom is dat tydens die show die band die moer in raak vir mekaar en tydens recordings is daar soveel differences as dit kom by die musiek en die kwaliteit van die musiek. My belangrikste stukkie raad van ’n man genaam Paris, was dat “whatever happens, is dit baie belangriker om die vriendskap en die vriendelikheid in die band te behou as enigiets anders”. Die band kom altyd eerste.

Moenie Spoegwolf misloop nie; hulle is vanaand 22:00 te sien by Aandklas. Kaartjies is R50 op Quicket of beskikbaar by die deur. 

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial