Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

deur Emma Hamman en Lienke Norval

Met die afskop van die vierde kwartaal word studente terug verwelkom met eikebome wat bot en die komende woordfees wat die strate van Stellenbosch sal vul.  Die Toyota Woordfees word met ope arms terug verwelkom en die dorpie borrel met opwinding. Die fees sal van 7-15 Oktober plaasvind en Stellenbosch bederf met kreatiwiteit, kuns, en hope pret. 

Daar sal talle komedieproduksies opgevoer word,  onder andere: Dude! Wa’s my phone? op 7 en 9 Oktober. Jeremeo Le Cordeur sal die karakter van Dean September in hierdie produksie op op die planke van HS Lückhoff sal vertolk. Shimmy Isaacs sal op 13 Oktober by die Wilgenhof teatertent agter die mikrofoon inskuif om die gehoor se maagspiere te toets met haar stand-up komedie. Île, met komediant Sophie Joans en Rob van Vuuren as regisseur, vorm ook deel van die Savannah Komedie afdeling en sal op 7, 8, en 14 Oktober in die Wilgenhof teatertent plaasvind. 

Oudstudent Veronique Jephtas se My kroon se krank sal 7, 10, en 12 Oktober in die HMS Bloemhof skoolsaal opgevoer word en is ʼn drama wat nie misgeloop moet word nie. Fringe is ’n reeks toneelstukke wat deur die loop van die fees sal plaasvind en fokus op jong, opkomende kunstenaars. US-studenteproduksies soos Gita Fourie se Anglo Angst sal in hierdie kategorie ten toon gestel word. 

Die Toyota musiekfees sal soos gewoonlik buitelug optredes deur Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars, Stellenbosch toe bring. Bekende name soos Fokofpolisiekar, Desmond and the Tutus en Majozi sal op 11 Oktober by Nagskof Vol. 1 op die Van Der Stel sportgronde optree. Toyota Woordfees 2023 sal een vir die boeke wees. 

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial