Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

BY RENÉ ESTERHUYSE

 FRINGE is vanjaar terug by die Woordfees en beloof ver­skeie opwindende nuwe pro­duksies. Fringe is ’n afdeling wat verlede jaar geopen het met die doel om vir jong, vars talent ’n platform te skep om nie net hul stem te laat hoor nie, maar ook waardevolle ver­hoogervaring op te doen.

Nane Zietsman, skryw­er van die produksie Kantlyn beklemtoon hoe belangrik hi­erdie platform vir veral jong­mense en studente is:

“Baie van die deelnemers sou nie andersins die geleent­heid gekry het om op ’n profes­sionele verhoog voor ’n gehoor hul werk en kreatiwiteit vir die wêreld te wys nie. Ek dink dis ook ’n baie goeie leerskool vir iemand wat toneelspel verder wil vat,” verduidelik Zietsman.

Anja van den Berg, skrywer van Reminiscing René, beaam dat Fringe ’n wonderlike geleentheid vir jong kunstenaars is.

“Die industrie kort vernuwing en nuwe stemme. Die keurings­proses by meeste feeste is maar moeilik, daarom is dit belangrik vir die Fringe-afdeling wat sorg dat vars en nuwe werk ook ’n kans kry om gewys te word,” se Van den Berg.

Fringe-stukke is oor die alge­meen selfgeskrewe stukke, wat jong skrywers ook die kans gee om hul menings oor aktuele kwessies te lig. Kantlyn, ’n produksie wat bestaan uit akteurs uit Pieke PSO, Simonsberg en Helshoogte, lew­er byvoorbeeld kommentaar oor die politieke klimaat in Suid-Afri­ka, asook wat Zietsman noem die “wêreldwye leierskapskrisis”. Dié komedie speel af in ’n rugbykleed­kamer na ’n groot nederlaag en die span besluit dat hulle vir ’n nuwe kaptein moet stem.

“Daar bly op die ou end een persoon oor wat so half die swing vote moet maak, en daardie person word ’n metafoor vir die kieser wat sit met die vraag: Vir wie stem jy? Stem jy vir die lesser of two evils, of bly jy apaties en sit uit? Die idee is dat die kieser op die kantlyn sit en moet besluit of hy gaan deel­neem aan hierdie politieke game, en of hy op die kantlyn gaan bly,” verduidelik Zietsman.

Fringe gee aan skrywers en ak­teurs vrye teuels om hulfself op die verhoog uit te druk deur ver­skillende mediums: van dans, tot spoken word, diguns, toneelstukke en ksabaret word ingespan vir ’n diverse program. Reminiscing René, wat die verhaal van René vertel, ’n middeljarige vrou wat tob oor ’n groot liefdesteleurstelling, gebruik byvoorbeeld musiek om haar nos­talgiese dagdrome oor die verlede uit te beeld.

“René bevind haarself kort-kort in ’n dagdroom oor haar groot ver­lore liefde en haar verhaal word uitgebeeld deur haar wat stories vertel en selfgeskrewe liedere wat haar herinneringe en denke aan die gehoor openbaar,” vertel Van den Berg.

Met produksies wat almal onder ’n uur is, is Fringe die per­fekte geleentheid om ’n bietjie kul­tuur so tussendeur klasse te ge­niet, en ook om te hoor wat jou mede-studente oor die wêreld te sê het. Alle produksies vind by die Fringe-tent plaas. Kaartjies kos R50 voor die tyd (beskikbaar op Computicket) en R60 by die deur.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial