DOMINIQUE FUCHS
FaceApp het in die afgelope tyd die wêreld in rep en roer gehad met ’n aardige, kunsmatige intelligensiegedrewe vermoë om gebruikers ouer of jonger te laat lyk.
Dié Russies-ontwikkelde toep is egter nou in die spervuur oor sy hantering van gebruikers se foto’s en data, met kontroversie oor die toep se privaatheidsbeleid wat onlangs in aanlynsfere losgebars het.
Dit nadat Joshua Nozzi, ’n ontwikkelaar wat by FaceApp betrokke is, getwiet het dat FaceApp al die foto’s op gebruikers se toestelle na die toepassing se “servers” oplaai sonder hul uitdruklike toestemming. ’n Franse kubersekuriteitspesialis, onder die skuilnaam Elliot Alderson, het egter gevind dat die toep slegs die foto’s wat deur gebruikers ingedien word na die FaceApp “servers” stuur.
Hierdie “servers” is in Amerika geleë en nie in Rusland soos eers vermoed is nie. Yaro- slav Goncharov, FaceApp se stigter, het aan Forbes gesê dat die maatskappy die foto’s elke 48 uur vanaf die Amazon- en Google-“servers” wat hulle gebruik, uitwis.
Marzelle Bosman, eerste-jaar-BA (Maatskaplike Werk)-student, sê: “Ek het eers veilig gevoel, maar toe ek die stories hoor oor die veiligheidsrisiko’s verbonde aan die toep, het ek bekommerd begin raak.”
Jessica Botha, eerste- jaar-BA (Sportwetenskappe)-student, sê sy is geensins bekommerd oor die veiligheid van die toep nie. “Meeste sosiale media platforms het dieselfde voor- waardes, maar ek is bang weens die stories dat die toep dalk mens se identiteit kan makliker kan steel.”