Kleynhans gaan groot op verhoog


Dané Dooge

Op 26 Februarie 1993 is Elsa Tirsa Kleynhans in Middelburg, Mpumalanga gebore. Dié bruinoogdogtertjie het almal op die dorp vermaak met haar optredes. Sy het gesing, gedans en toneel gespeel én sy het aan verskil- lende sportsoorte deelgeneem. Wat akademie betref, het sy nege onderskeidings in matriek behaal.

Almal ken so iemand. Daai een vriendin of vriend wat blyk om enige iets te kan doen – en puik te kan doen. Na skool het Elsa besluit om BRekLLB aan die Universiteit Stel- lenbosch (US) te studeer.

“Aanvanklik het ek selfs aan- soek gedoen vir drama, maar nooit die guts gehad om die oudisie af te lê nie. BRekLLB was my derde keuse, na BCom (Regte). Ek het so drie weke voor klas moes begin die toelatingskantoor gebel om te hoor of ek eerder vir BRekLLB kan in- skryf,” sê sy.

Al het Elsa iets geswot wat ste- reotipies baie ernstig en moeilik lyk, het sy redelik min klas toe gegaan en was sy maar rustig oor haar studies. “Ek het skelm Reza de Wet ge- lees in die bib, of geslaap, en my- self verdiep in enige kreatiewe ak- tiwiteit wat my voorgedoen het,” sê sy.

Sommige mense is mal oor wat hulle swot en weet dit is wat hulle eendag wil doen. Ander mense is weer nie so seker nie en nadat hulle geswot het, doen hulle iets heel anders. Elsa is een van die laasgenoemdes. Nadat sy haar BRekLLB-graad in 2016 voltooi het, het sy by die Waterfront-teat- erskool in Kaapstad drama gaan swot.

“Ek het reeds in my tweede jaar besef, eintlik na my eerste ekono- mie-klas, dat ek hoegenaamd glad nie belangstel in enige van my modules nie,” sê sy.

Hoekom het sy nie van kursus verander nie?

“Uitstekende vraag. Ek was op die punt om dit te doen. Baie kere. Dis seker maar daai simpel ‘maak klaar waarmee jy begin en sê dankie vir die tannie en eet jou groente’-dogma wat my gekeer het. My gemaksone en vrees vir ’n onvoorspelbare industrie het nie juis gehelp nie. Ek bewonder matrikulante wat braaf genoeg is om hulle passie te volg,” sê sy.

“Dit het vir my vyf jaar van in- tense karakterbou gevat. ’n Mens raak ook so opgesweep in univer- siteitslewe dat jy vergeet waarmee jy besig is tot eksamentyd. Dan sit jy Saterdagaand in ’n verlate Neelsie met ’n styrofoam-houer vol koue tjips en huil.

“Een van daai aande het my liewe ma my herinner aan die drome wat die Here van kleindog- tertjietyd af in my hart geplaas het. Ek het daardie drome en Hom begin vertrou,” sê sy.

Met die stand van Suid-Afrika se ekonomie en werkloosheidsyfer, sal meeste mense van die ouergenerasie beklemtoon dat iemand met soveel potensiaal, soos Elsa,wasted potential was. Elsa voel die teenoorgestelde.

“Dit sou wasted potential gewees het om nie iets skeppend te doen nie. Regte en rekeningkunde is edel beroepe – vir iemand anders. Ek sou ’n heel gangbare prokureur gewees het en ’n decent CA, maar hoekom sal ek iets doen waaraan ek nie toegewy is nie? Ek sou seker wou kinders hê net om te ontsnap na my lady of leisure bestaan,” beweer sy.

Elsa erken egter dat sy bewus is dat die laaste ding wat Suid-Afrika nou nodig het, is “nog ’n aktrise”. Pieter-Dirk Uys, beter bekend as tannie Evita Bezuidenhout, het dit glo gesê by ’n onderhoud wat Elsa bygewoon het. “Ek wil deel wees van die uit- voerende kunste. Die ideaal is om op die verhoog of skerm te wees.

Hy het [dit gesê] en dit is waar! Ek wil altyd stories vertel, maar ek is bereid om enige skakel in daardie proses te wees,” sê sy. In 2018 het sy Die Doop geskryf wat by die Teksmark opgevoer is. Vanjaar by die Woordfees was Elsa se produksie, De Badt, deel van die Fringe-program.

De Badt is ’n donker komedie wat die lig en donker van ’n per- soonlike geskiedenis omlyn. Dit volg twee vroue se stories. Een leef in 1900, tydens die Anglo-Boere- oorlog en die ander een in 1960, tydens Apartheid. Die derde ak-trise vertolk “Hettie”, die huishulpwat alles bymekaar moet hou,” verduidelik Elsa.

“Ek was nog altyd gefassineermet familiegeskiedenis. Watter erfenis lê in jou bloed? Kan ’n mens dit ontsnap? Verder het die rol van die vrou in ’n patriargale bestel my ook aangegryp. Tydens die oorlog is die mans weg en ’n vrou se ware krag kan sy uiting kry. Dit in teenstelling met ’n 60’s-huisvrou wat net ’n nuwe hoover wil hê en nie betrokke wil raak by enige soort nasionale “debat” nie. Hoe verander ons invloed so drasties in 60 jaar?” vra Elsa.

Elsa is nie spyt is oor haar keuse nie. Daar was egter een keer wat sy spyt was en gedink het sy moes dalk eerder die regs- of rekening- kunde wêreld betree het. “Dit was na ’n slegte oudisie aan die einde van Januworry toe ek die laaste bietjie donkersjokolade in my kas as ontbyt/middagete geëethet en nie melk of koffie gehad hetnie. My prokureur-vriendin het mooi nuwe skoene gekoop. Na- dat die suiker ingeskop het, het ek beter gevoel,” skerts sy.

“Hierdie is nie ’n maklike industrie nie. Daar is moerse teleurstellings en jouself bewys en wag vir ’n e-pos wat nooit kom nie, maar ek sal eerder iets doen wat my gereeld laat huil as iets wat my verdoof,” sê Elsa.

Sy sê ook uitdruklik dat al swot jy miskien iets waarvan jy nie hou nie, as jy amper klaar is, moet jy dit maar net eenvoudig voltooi. “Ek sou nie voorstel dat jy op- hou studeer net omdat dit nie lekker is nie. Ek belowe dat daar baie dae is wat my passie net voel soos werk. Daar is ook roetine en lang ure en herhaling en uitdagings en admin. As jy een jaar besig is [metjou swottings] en daar is iets an- ders wat jy met jou hele wese wil doen – staak jou studies en volg dit na.

“Natuurlike aanleg help jou, maar enige nering vereis tegniek en kontakte. Gaan bekwaam jouself! Dit is ’n risiko, so praat met mense wat jy vertrou en wat jou regtig ken. Bid en dink en mediteer daaroor. Herroep daai klein- tyd-drome. Ek wil glo dat daar ’n perfekte deur is vir almal, al is dit nou ’n gordyn,” sê sy

De Badt gaan van 24 tot 27 April in Kaapstad by die Galloway-teat- er ’n speelvlak hê. Elsa hoop ook om dit na ander feeste te neem.


Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram