Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

EMRIE HUMAN

Ná ses jaar op Stellenbosch beskou ek myself as ’n semi-professionele student. Ek sal nie sê ek het die code ge-crack op student wees nie, maar ek het wel ’n paar harde lesse geleer, veral as ek nou na my eerstejaar terugkyk.

Ek, soos baie ander, was ver van die huis af en kom ons wees eerlik dit is glad nie lekker as almal Sondag terugkom koshuis toe met hulle skoon wasgoed en mamma se kospakkies nie. Maar dit is hoekom vriende daar is. Goeie vriende volgens my vorm ’n baie belangrike deel van jou eerstejaar en is altyd daar vir wanneer huis bietjie te ver voel of dinge bietjie te veel raak (want dit kan).

Moenie bang wees om nuwe vriende te maak nie. Ek dink in eerstejaar kan ’n mens maklik vasgevang raak in jou comfort zone en ongelukkig verhoed dit baie studente om Stellenbosch in al haar mooi glorie regtig te ervaar en dalk beste vriende vir die res van hulle lewens te maak.

’n Ander duur les wat ek geleer het is dat swot en wat jy swot glad nie is wat jy verwag nie. Ek dink oor die algemeen weet mens nie waarvoor jy jouself inlaat as jy universiteit toe kom nie. Maar wanneer akademiese druk te veel raak en die hemis monster begin dalk oor jou skouer loer, moet nooit bang wees om vir hulp te vra nie, daar is altyd iemand wat kan help.

Daar is egter ook baie ander goed om uit te figure wanneer jy eerstejaar is. Jy moet jouself leer ken (cliché maar dit is waar). Jy moet kuier, jy moet swot en hopelik ’n balans tussen die twee vind en die belangrikste van alles is – jy moet elke oomblik in hierdie mal plek geniet en beleef.

As ek raad aan myself kon gee ses jaar gelede sal dit wees: moenie terughou nie, neem deel en maak nuwe vriende, wees oop vir nuwe opinies, drink baie wyn, maak baie foute, raak verlief en onthou om tussendeur alles te leer, want al is eerstejaar die lekkerste twee jaar van jou lewe, is dit dalk nie altyd die beste idee nie.

(Ek praat uit ervaring.)

Hier is ’n paar van my persoonlike wenke vir eerstejaars:

– Moenie ’n tut 08:00 op ’n Donerdag hê nie (want klein saterdag).

– Kry ’n reënbaadjie en plakkies ASAP.

– Moenie met jou nuwe vintage fiets in die middel van die pad ry nie (dit is baie irriterend vir motoriste).

– Eerste date: Bohos pizza en ’n boksie rosé (los maar die laat oes).

Moenie vir ’n waaier in Game soek nie, dit is erger as die Hunger Games.

* Emrie is vanjaar ’n nagraadse onderwysstudent.

Related Post

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial