Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

CARLA VISAGIE, ALLISON MATROOS EN SZ MINNAAR

 Universiteit gaan oor veel meer as om graad te vang. Terwyl jy in Matieland is, moet jy probeer om jou bucket list af te handel en studenteverenigings is ’n uitstekende manier om dit te kan doen.

Die Berg- en Toerklub (BTK)

Die BTK is Matieland se oudste stu­dentevereniging en is in 1928 gestig.

Dit is nou al 90 jaar later, maar die BTK is steeds die plek waar studente met ’n liefde vir die natuur en rondklouter in die buitelug, saam kuier.

Byna elke week gaan hulle op uit­stappies wat wissel van daguitstappies tot staptoere in die vakansie.

EcoMaties

Studente wat ’n verskil wil maak, sal aanklank vind by hulle “groen” aktiwiteite soos die skoonmaak van strande en werkswinkels oor hoe om groente te verbou en vele meer.

Lidmaatskap by hierdie vereniging

Pulp-filmvereniging

Hoewel Pulp vir hulle springmielies bekend is, is Pulp eintlik daar om fliekvlooie se honger vir gehalte te stil.

Die filmvereniging beskik oor twee skerms wat elke dag drie tot vier films speel en die program verander elke week.

Promoting Animal Welfare (PAW)

Maties PAW poog om bewusmaking van dierekwessies aan die gang te hou en hulle stel die diere se welstand as eerste prioriteit.

Hulle reël gereeld uitstappies na diereskuilings toe, maar soms bring hulle die skuilings kampus toe deur byvoorbeeld honde Rooiplein toe te bring wat jy tussen klasse mee kan speel of selfs aanneem as julle lekker sou speel.

Verder reël Maties PAW uitstappies na dieretuine, veganistiese pieknieks en vele meer.

Lidmaatskap beloop R150 vir die jaar. Om by enige studentevereniging aan te sluit, gaan na My.SUN en onder “verenigings” sal jstudente kan kies en keur.

’N KLEIN BIETJIE WYN Lede van die wynvereniging geniet hulle gate uit by van hulle byeenkomste. Foto’s: US Wyn Vereniging
’N KLEIN BIETJIE WYN Lede van die wynvereniging geniet hulle gate uit by van hulle byeenkomste. Foto’s: US Wyn Vereniging
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial