Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

HELÉNE LEONARD

Matieland is enige student se droomland. Afgesien van die stereotipiese wynproe – Stellenbosch het tog van die lekkerste wyn – is daar vele ander liplekker aktiwiteite wat studente in hulle spaartyd en om die dorp kan probeer.

Maar as jy steeds onseker is of nie weet waar om te begin nie, probeer gerus Die Matie se lys van immergewilde aktiwiteite.

Bly in die bib tot tien uur vir die bekende “Closing Time” liedjie.

’n Ware student moet ten minste eenkeer ’n laataand swotsessie inwerk gedurende die semester.Rond dit af met ’n koffie op die bib se trappe om die stres van jou akademie op daardie tydstip te verminder. Die Rooiplein is ook altyd ’n lekker ontspan plek tussen klastye of om jou geliefde met ’n koffie te bederf.

Gaan op klein Saterdag uit square toe. Gaan vroeg om die lang rye te vermy en ’n lekker dop te kry.

Woon die Suid-Afrikaanse Kaasfees (ook bekend as Kaas en Wyn) by.Dit vind oor ’n naweek op Sandringham buite Stellenbosch plaas, maar beperk dalk jou feestyd tot net een dag.

Die feestyd is altyd ’’n wilde tyd vir Stellenbosse studente.

Woon ook die Stellenbosch Wynfees by. Naas Kaas en Wyn is hierdie fees perfek vir ’n Insta-plasing oor hoe luuks studentelewe lyk. Insta -plasings is natuurlik als vir ’n goeie indruk.

Maak ’n draai by Coetzenburg se bekende dam. In die verskriklike hitte is dit die perfekte plek om af te koel.Terwyl dit lekker warm in Stellenbosch is, is swem in Coetzenburg-dam ’n moet.As jy nie van swem hou nie, gaan hou steeds en piekniek langs die dam.Daar is net genoeg skaduwee vir ’n rustige kuiertjie.

Woon ’n koshuisfunksie by. Daar is baie – van die Simonsberg Met tot Dagbreek se Quadnaval – en jy kan maklik oorweldig raak deur die verskeidenheid, maar woon ten minste een by. Koshuisfunksies is die hart van studentegees en baie pret.Hier sal jy miskien ook nuwe pelle buite jou koshuis of PSO kan maak. Stellenbosch bied soveel geleenthede om nuwe vriende te maak.

Gebruik die geleenthede.

Gaan klim ’n berg.

Wees aktief. Hier is so baie berge.Stellenboschberg is lekker naby, maar indien jy meer avontuurlustig is, probeer dalk Simonsberg of die Pieke. Maak ’n draai by Opskop.

Dans is ’n groot deel van die warm Stellenbosch-kultuur. Elke Matie wat sy sout werd is, moet kan sokkie of ten minste net probeer sokkie. Gaan drink dooswyn by Bohemia.Dit is dalk net die oplossing vir ’n slegte week of ’n hartseer break-up.

Gaan kyk iets by die formidabele US Woordfees.

Jy sal nog baie ander items by jou bucket lists kan voeg.Onthou net dat die moontlikhede op Stellenbosch eindeloos is. Die geheim is om net iewers te begin en die lysie een vir een af te merk.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial