Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

 HELÉNE LEONARD

Die nuutste studentebesigheid, Rum the Fox, is ontwikkel deur twee Matie-studente, Clara Holm, ’n BSc-student, en Megan Muller, ’n BRek-student. Die twee studente het met dié nuwe minimalistiese klere-ontwerpbesigheid vorendag gekom nadat hulle ’n hemp met ’n jakkals op wou maak.

Holm het aan haar vennoot gesê dat sy graag ’n hemp wil hê met ’n jakkals op. Muller het hierdie jakkals geteken en die eindproduk was ’n groot sukses. Holm is in beheer van die besigheid se bemarking en sosiale media terwyl Muller in beheer van die ontwerpe wat op die hemde verskyn is. Sy teken die ontwerp self op die hemp.

Hierdie twee studente het sover al vir Helderberg manskoshuis asook Erica dameskoshuis unieke en eksklusiewe hemde ontwerp en verskaf. Rum the Fox het verskillende klerereekse wat hulle bekendstel. Die temas van die klere is gewoonlik minimalisties, eenvoudig en relevant tot die atmosfeer van Stellenbosch.

Die naam van die besigheid, op sigself, is uniek aan Stellenbosch. Die besigheid het begin by ’n ontwerp van ’n jakkals en hulle wou relevant bly vir die studente van Stellenbosch. Só het die twee student besluit dat die besigheid se naam “Rum the Fox” moet wees, ter ere aan die lewendige kuier- kultuur van die Stellenbosse studente. Die hemde word gewoonlik gemaak van suiwer katoen materiaal en is meestal wit. Die verskillende reekse bevat kontrasterende temas.

Daar is ongeveer 30 verkillende hemde om van te kies. Rum the Fox se direkte oogmerk is eksklusiwiteit. Mense kan die besigheid nader om ontwerpe te laat maak vir groepe. Hulle is ook bereid om enkel ontwerpe te maak vir enige individu wat van hulle dienste gebruik wil maak. Rum the Fox oorweeg tans om ’n somerreeks bekend te stel. Hierdie reeks sal heel moontlik ook bestaan uit ongeveer 30 eksklusiewe ontwerpe.

Photo: Verskaf

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial