Latest Post

Dinkbeeld: Smeltkroes’ – ’n Nuwe simbool van harmonie en nadenking op kampus INNOVATION AT THE EDGE: Robotics and autonomous systems at Electronic Systems Laboratory Saving surplus food at affordable prices: the Refreshi way An Awareness Screening of Gender-Based Violence

Dané Dooge & S.Z. Minnaar

Die welbekende HB Thom-teater, die tuiste van die Universiteit Stellenbosch (US) se dramadepartement, gaan
moontlik ’n nuwe naam kry. Dié teater is in 1966 geopen en is na die toenmalige US-rektor vernoem.

Dit kom nadat prof. Petrus du Preez, voorsitter van die dramadepartement, verlede week aan  derdejaarteaterwetenskapstudente gesê het dat ’n naamverandering bespreek word. Hy het beweer dat die  universiteit tans op ’n baie sensitiewe politieke plek is en daarom moet ’n nuwe naam vir die teater versigtig en noukeurig oorweeg word.

By navraag het Du Preez verder aan Die Matie gesê dat daar nog min detail beskikbaar is. Hy het bygevoeg dat die departement tans met konsultasie besig is en dat daar nog met vele groepe onderhandel word. Hy het nie spesifiseer met watter groepe onderhandel word nie.

Volgens Hendrik Nieuwoudt, ’n derdejaar-dramastudent, moet die naam definitief verander.

“’n Teater moet sy gemeenskap verteenwoordig en HB Thom verteenwoordig nie die huidige gemeenskap nie”, het hy gesê.

Studente blyk egter verdeel oor die saak te wees.

Nog ’n student wat anoniem wil bly, dink die naam moet so bly.

“Ek dink nie meeste mense weet eens wie HB Thom was of wat hy gedoen het nie. Die naam hoef nie te verander nie. ’n Mens dink tog nie aan die persoon as jy van die Thom hoor nie; jy dink aan die teatergebou en die ryk geskiedenis van die departement.”