LEMUEL BLIGNAUT
Lede wat na die lang vakansie in Maties gimnasium se Hoë Prestasie (HP) area ingeloop het, moes twee keer kyk om seker te maak hulle is op die regte plek. Daar het ʼn paar drastiese veranderinge plaasgevind, met vele meer wat op pad is.
Daar is oor die afgelope twee jaar R8 miljoen in die gimnasium belê, met nog R5 miljoen wat die jaar belê gaan word. Francois Kotze, bestuurder van Maties Gimnasium, sê die korttermynplan is om al die bestaande fasiliteite op te gradeer, in Stellenbosch sowel as by die suster fasiliteit in Tygerberg.
Hulle wil onder andere die jaar nog die mansbadkamers heelte-mal oordoen. Kotze meen dit het nou nog “half ’n koshuis van 1980look and feel”. Daar is ook planne om nog ʼn gimnasium aan die noordekant vankampus oop te maak, in die area van die fakulteit ingenieurswese.
Van die veranderinge wat oor die laaste ruk by die gimnasium aange-bring is, is dat die HP-area se uitleg verander is, en die toerusting, sowel as balke en gewigplate opgegradeer is.Daar is ook nog toerusting aangeskaf.
Gardeo Isaacs van Maties Atletiekhet gesê: “Ek is baie beïndruk met die nuwe toerusting, en hoe dit jou oefen vermoëns verbeter.” Die verandering aan uitleg is gedoen om die breiers toe te laat om meer spanne terselfde tyd in die HP area te laat oefen.
Nico Koutakis, ʼn krag- en kondisioneringafrigter by Maties Sport het gesê: “Ons kan nou drie spanne hê wat gelyktydig met dieself-de soort oefenmetodologie besig is. As breier is dit nou baie makliker om te doen wat jy moet doen. ’n Span kom in en hulle het net ’n uur om te oefen. As hulle rondstaan en vir toerusting wag, mors hulle tyd.”
“Studente-atlete is eers studen-te en dan atlete. Hul akademiese verpligtings is ’n prioriteit gedurende die dag,” beklemtoon Sean Surmon, hoof van Maties Sport se HP-eenheid. “Daarom moet ons slimmer en meer doeltreffend oefen in die tyd wat ons wel met hulle het.”
“Daar is nou ook baie meertoerusting. Waar die student net 45min tot ʼn uur het in die sport groep, kan hy nou sy volle kondisionering doen in daardie tyd, in plaas daarvan om dit te stoot na 1h15, of 1h30,” voeg Kotze by.
Hy sê die gimnasium laat Maties Sport toe om vir drie sport kodes op ʼn slag te bespreek, wat sê dat daar elke oggend êrens tussen 70 en 80 atlete oefen. Met die verbeteringe, hoef nie een van hulle meer rond te staan en te wagvir toerusting nie.