Latest Post

Awaken: Ramon Alexander and the Stellenbosch jazz scene ‘“KUNS”’: Een bleek doek en ’n moewiese argument ’n Begin keer terug Woordfees toe vir rondte twee  Fashion Galore: Stellenbosch edition 
Foto deur Kris Bence.
Deur Kris Bence

Wat is kuns? Waar kom die waarde vandaan en hoe versoen ’n mens verskille in smaak? Alles vrae wat “KUNS”, die wêreldbekende drama deur franse dramaturg Yasmina Reza, nadink. Die vriendskap van Serge, Marc en Yvan word tot die uiterste beproef nadat Serge ’n kunswerk koop vir ’n verregaande prys en die res van die groep nie dieselfde prag in die skildery raaksien nie. Die verskillende opinies oor die kunswerk lei tot verskeie ongemaklike gesprekke in die vriendekring. Wat begin met ’n paar vonke word eventueel massiewe vlamme, wat dreig om die hele groep ineen te laat stort.

Reza se bekroonde toneelstuk is al vele kere vertaal. Hierdie jaar is die Afrikaanse weergawe, vertaal deur Naòmi Morgan, by die Toyota Woordfees op die planke gebring. Wessel Pretorius, Ludwig Binge and Wilhelm van der Walt deel die verhoog en beeld ’n boeiende storie uit waarvan jy nie sal kan wegkyk nie. Die meestervolle vertolking van die drie karakters is wat die opvoering bymekaar hou. Al drie akteurs is uiters gemaklik op die verhoog en die natuurlike dinamika en chemie van hulle saamspeel maak die hele storie al hoe meer aangrypend. “KUNS” het vyf Kanna-toekenings verwerf ná hierdie jaar se KKNK en was beslis ook een van die hoogtepunte tydens vanjaar se Woordfees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *