Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR DANIELLE JOUBERT

Creep It Real, ’n Halloween-kostuumpartytjie, word op 30 Oktober by die Daisy Jones Bar aangebied. 

MARENE (@marene_live op Instagram) en The Robfather (@the_robfather_za op Instagram) gaan saam optree en seker maak dat dié spokerige aand nog vir lank onthou sal word. MARENE is ’n rock ’n roll-band van die Kaap af wat in 2017 gestig is terwyl The Robfather homself op Instagram beskryf as “jou meisie se gunsteling DJ”.

Konsertgangers word aangemoedig om in hulle skrikwekkendste, gruwelikste Halloween-uitrustings op te daag, en só dalk ’n kans te staan om ’n ongelooflike prys, ter waarde van R1 000, te wen. Die kompetisie word nie net deur die talentvolle MARENE beoordeel nie, maar ook deur die skare se gejuig en jubel – maak dus seker al jou vriende is daar om jou te ondersteun.

Jessica de Abreu, ’n eerstejaar-BScAgric (Wingerd- en Wynwetenskappe)-student aan die Universiteit Stellenbosch (US) vertel dat sy nie kan wag om MARENE in lewende lywe te sien nie. “Ek is mal oor hulle musiek! En ek sien super baie uit om my kreatiwiteit uit te toon in my kostuum die aand!” 

Dit sal MARENE se tweede vertoning by die Daisy Jones Bar wees nadat hulle vroeër vanjaar in Mei-maand uitverkoop was. Tyler Duggan, MARENE se hoofkitaarspeler en een van die drie hoofsangers, sê dat hulle ongelooflik opgewonde is vir die konsert. Nie net sien hulle uit om die verskeie vreesaanjaende uitrustings te sien nie, maar ook om een van hulle nuutste rock ’n roll-treffers, “Maronays”, bekend te stel. “Ons vorige konsert hier was uitverkoop, so ons het hoë verwagtinge vir die Halloween-konsert; dit gaan die partytjie van die jaar wees!” 

MARENE bestaan uit vyf jong, talentvolle lede: Duggan, Skye Nagel (dromme), Ozzey Padayachee (baskitaarspeler en ander hoofsanger), Maronay Todkill (klavier en ander hoofsanger) and Arian Helm (ook hoofkitaarspeler). Todkill is tans ’n tweedejaar-BSc (Voedselwetenskap)-student aan die US.

Die konsert is vir seker net vir die dapper ‒ iets wat selfs Frankenstein se kreatuur uit sy graf sal kry. 

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial