Latest Post

Kerkorrels kry nuwe lewe by ‘Zoid Psalms’  Breytenbach’s ‘Boklied’ revived for the modern stage  The heart of the matter: how students are rewriting the story of organ donation Running for breath: Prof. Pierre Goussard’s mission
Deur Jana Burger
Foto deur Jana Burger.

Karen Zoid het by haar Woordfeeskonsert, Zoid Psalms, twee goed bewys: Eerstens, dat niemand die mees lukrake liedjies so goed soos sy kan kombineer nie (Laurika Rauch en Radiohead het nog nooit so goed geklink nie). En tweedens, dat sy nog vir ’n hele ruk gaan aanhou om haar merk op die Afrikaanse musiekbedryf te los.

Op 18 en 19 Oktober het Zoid en haar band in Kruiskerk opgetree, met Salome van Wyk wat die orrel gespeel het. Die konsert het grootliks op hierdie instrument gefokus, onder andere die geskiedenis daarvan en hoe enige kerkganger een of ander verhouding met die orrel het.

Zoid het van haar eie treffers, sowel as ’n paar psalms opgevoer. Tussendeur het sy brokkies wysheid en ’n grap of twee met die gehoor gedeel en meer gesels oor hoe sy met die idee vir Zoid Psalms vorendag gekom het. Sy is ’n meester daarin om die gehoor betrokke by die ruimte en die musiek te laat voel.

Sy was baie ernstig oor die feit dat die spasie waarin die gehoor hulself bevind het, ’n spasie vir almal was. Ongeag van die feit dat die konsert in ’n kerk plaasgevind het of wie jy is en wat jy glo, was dit ’n plek waar almal deur die kragtigheid van musiek verenig kon voel.

Die fisiese kerk het natuurlik ook bygedra tot die fantastiese akoestiek, en Zoid is boonop ’n fenominale live kunstenaar. 

Zoid Psalms was ’n roerende vertoning, wat ’n mens nuuskierig en opgewonde maak vir alles wat Zoid nog in die toekoms sal bereik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *