Latest Post

Awaken: Ramon Alexander and the Stellenbosch jazz scene ‘“KUNS”’: Een bleek doek en ’n moewiese argument ’n Begin keer terug Woordfees toe vir rondte twee  Fashion Galore: Stellenbosch edition 
Deur Anke Maritz
Foto deur Anke Maritz.

Die Toyota Woordfees-produksie, ’n Begin, het ná sy debuut in 2024 weer hierdie jaar feesgangers vermaak by Idasvallei Primêr. 

Die toneelstuk verken die realiteit en kompleksiteit van moderne verhoudings, en die uitdagings wat daarmee gepaardgaan. Laura, vertolk deur Cintaine Schutte, en Daniel, vertolk deur Carel Nel, is vasgevang in mekaar se teenwoordigheid ná ’n housewarming-partytjie. Alhoewel die karakters keer op keer hul kuier wil kortknip en die aand wil afsluit, kan hulle net eenvoudig nie by daardie bestemming arriveer nie, en spandeer hulle uiteindelik die hele aand in mekaar se gedagtes en geselskap. 

Terwyl Laura en Daniel met hul eie probleme van die lewe worstel en die lot van hul lewens probeer ontsyfer, vind hulle hoop en troosting in mekaar se teenwoordigheid, en die potensiële toekoms wat hulle kan deel. Met ’n eenvoudige, simplistiese stel en dekor, word die fokus van die toneelstuk eerder op die karakters en hul verhouding met mekaar geplaas as die omgewing waarin hul hulself bevind.

Dié 100-minuut produksie, wat soms ietwat uitgerek en siklies gevoel het, het daarin geslaag om die gehoor te laat lag en oomblikke te skep waar die gehoor saam met die karakters die pynlike realiteit van die uitdagings wat volwassenheid bied, kon ervaar. Alhoewel die dialoog dikwels leeg en herhalend gevoel het (met lang stiltes en pouses wat tussen die karakters heers), was die temas van eensaamheid, hoop en konneksie wel duidelik. ’n Begin, wat aanvanklik deur David Eldridge geskryf is en deur Nico Scheepers vertaal is, met Tinarie van Wyk-Loots as regisseur, verwerf ’n drie-uit-vyf-gradering.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *