Latest Post

“Relief. Butterflies. Joy.” A Matie’s journey to netball success. Wanneer die Klopse aan Kenan se deur klop How students are keeping warm this winter Maties step up to save lives through blood donation

Die Premièrefees is hier! Die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement het hul jaarlikse Première Teaterfees aangebied, en die fenomenale produksie, Kenan ennie Klopse, het op Vrydag 25 Julie by die Adam Small Teater, vertoon. 

Foto: Amber Steyn

Kenan ennie Klopse –  “ ’n storie oor belonging” – fokus sterk op die hart van die Klopse-kultuur in die kleurling-gemeenskap en Kenan se dilemma: hy moet kies tussen sy droom om ’n skrywer oorsee te word, of om by die Klopse aan te sluit, sy familie-erfenis en -droom. 

Terwyl Kenan sy reis aanpak om nes sy pa, ’n skrywer oorsee te word, word hy voortdurend deur sy familie, veral sy ma, herinner om sy oupa se Klopse-erfenis na te streef. Kenan se engelstem word as perfek vir die Klopse beskou. 

“Oupa se legacy” is ’n frase wat voortdurend in die toneelstuk gebruik word. Dit beklemtoon die tema van erfenis en nalatenskap. Kenan se ma, ’n Klopse-naaldwerkster, het reeds sy helder pienk-en-blou baadjie gemaak, want om uit te staan is sentraal tot die Klopse-kultuur. In die toneelstuk word die baadjie uitgebeeld as iets wat herinneringe dra – moontlik die nalatenskap van Kenan se oupa. Kenan moet besluit watter pad hy gaan volg. 

In hooftonele beeld Kenan visueel uit hoe hy ’n tikmasjien gebruik om sy stories te skryf. Hierdie stories is in Afrikaans: “Hierdie stories begin met ’n huis…” skryf Kenan, wat ironies is, aangesien Kenan meestal in Engels antwoord terwyl sy familie Afrikaans praat. Die klank van Kenan wat die tikmasjien gebruik is ’n nabootsing van tromme wat die wêrelde van skryf en opvoering saamsmelt. 

Tydens die opvoering het die produksiespan van Kenan en die Klopse uitsonderlik gevaar. Van die toneelspel tot die musiek en die vloeiende karakterskakels, was die produksie goed beplan en belaai met emosies. Hierdie produksie verdien verseker die prys wat dit vir Beste Algehele Produksie gewen het! 

So wat was Kenan se keuse? Het hy besluit om oorsee te gaan, of om aan te sluit by die Klopse en om ’n skrywer in sy eie land te wees? 

Deur Amber Steyn

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *