Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Deur Nina-Marie Anker (Vertaal deur Mieke de Wet)

Noudat die ­Universiteit ­­Stellenbosch (US)-kampus weer met volle kapasiteit terug is, gons die strate, klasse en koffiewinkels met entoesiasme – en dalk selfs ’n ­bietjie optimisme – vir hierdie nuwe semester. Die studente se terugkeer na kampus dien as ’n geleentheid om nuwe mense te ontmoet, uiteindelik met jou crush te praat of om dalk ware ou soetsappige liefde te vind. Maar waar, vra jy? Die Matie het kampus ingevaar om ons mede-Maties te vra waar en hoe hulle hierdie winter op dates wil gaan, en die resultate is in.

’n Snoesige koffiewinkel

’n Koffiewinkel met ’n brandende kaggel in die hoekie en die geur van vars koffie of warm sjokolade wat in die kombuis brou, verseker ’n intieme, dog ontspanne, ambiance.

 ’n Paar koffiewinkels wat vir die wintermaande in hierdie dorp sterk aanbeveel word, is Basic Bistro, Ya-Ya Cafe, SCHOON Kerkstraat Café en The Meeting Place.

Die biblioteek

Omring deur die grootste liefdestories, gedigte en ongelukkig ook akademiese leesmateriaal, kan ’n mens maklik jou dark academia estetiese drome vervul en ’n onvergeetlike tyd saam met daardie spesiale persoon in die bib spandeer. 

’n Studie-date is iets uniek; om saam biblioteek toe te gaan en aan aparte take of modules te werk, maar ook om vir mekaar te lees, deur boeke te kyk of om jou gunstelingkinderboeke te vind, kan ’n heeltemal nuwe romantiese ervaring wees – veral met die reën wat buite drup.

Aandklas Quiz-aand

Ja, studente gaan eintlik nog op double dates en ’n quiz-aand is die perfekte geleentheid daarvoor. 

Aandklas verskaf ’n snoesige en lekker atmosfeer met ’n kaggel wat brand, veelkleurige liggies wat buite skitter, en, natuurlik, hulle spesiale aanbiedings van karaoke of quiz-aand. Wat is dan beter as ’n grootskaalse games night met ’n gelag, toejuigende vriende en paartjies om daardie spesiale persoon beter te leer ken?

Rupert Museum

Dit is nie net in flieks wat naby die Metropolitan Museum of Art (beter bekend as die MET)  geleë is waar mense museum-dates kan geniet nie – ons Maties kan ook. 

Die Rupert Museum gee gratis toegang en stal die unieke en private kunsversameling van Anton en Huberte Rupert, met meer as 350 werke, uit. Vir kunsliefhebbers is dit ’n versteekste juweel van ’n date-plek.

Movie-aand

Die klassieke ete-en-fliek raak nooit oud nie. Noudat die ­filmvereniging eksklusiewe toegang tot die Neelsie Cinema het, is daar talle klassieke en moderne flieks om te geniet terwyl jy stadig maar seker na hulle hand uitreik. Maak net seker om by die vereniging te registreer en die lidmaatskap te betaal.

Dit is nooit te koud vir roomys nie

Met ten minste vyf roomyswinkels wat vir Heyplaces.com se Gewildste Roomyswinkel-titel veg, is roomys definitief ’n goeie opsie vir ’n date. Om mekaar se gunstelingroomysgeure te leer is ’n klassieke romcom-oomblik en ’n ideale winter-date soos jy by Kerkstraat afwandel. 

What’s The Scoop, Crème de Lavain, Gelato Mania, Fabio’s Gelato en Kirsten’s Kickass Ice Cream is die top vyf roomyswinkels om hierdie winter in Stellies te besoek.

’n Wandel in die reën

As die eindelose Victoriastraat vir een ding hierdie winter goed is, is dit om met arms ingehaak, onder ’n sambreel saam met ’n geliefde te stap. Om by die eikeboom-omringende sypaadjie af te stap en om groot poele water te loop is definitief ’n herinnering wat die moeite werd is om te maak.

Skep oomblikke in die romantiese reëndruppelseisoen met warm dates wat niemand sal wil vergeet nie.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial