UIT VOLLE BORS Vriende wat luidkeels in Penthouse saamsing. Photo: Henry le Roux

Penthouse Gereed vir Partytjies

Deur Lize Bekker

Laatmiddae wanneer die son sak, sien die mense wat in Pleinstraat afgewandel kom net wemelende massas studente wat in bondels staan om by die nuwe kuierplek Penthouse in te kom. Dié kuierplek het op Vrydag 4 Februarie oopgemaak en is reg bo Nu’Bar.

Hierdie twee jolige kuierplekke word albei deur Charlie Niemand besit. “Penthouse is meer gefokus op house- en club-musiek, waar Nu’Bar meer pop en hits speel. Dis bloot personal preference vir studente,” het Niemand gesê. Niemand het ook genoem dat Penthouse meer jonger studente lok as Nu’Bar en hy vind die dekor in Penthouse baie aanskoulik.

Penthouse se kenmerkende kleur is pienk. Daar word gesê dat pienk ’n kleur van liefde en kalmte is, maar hoewel ’n mens van jou probleme in Penthouse kan vergeet, is dit beslis nie kalm daar binne nie. Daar is neonpienk slagspreuke soos “Party at the Penthouse” en “You’re like REALLY pretty” wat teen die mure opgehang is. Studente sal daarom estetiese foto’s en video’s saam met hulle vriende kan neem.

“Wat Penthouse lekker maak, is dat daar meer plek is om te sit as in Nu’Bar en die pienk kleur van Penthouse laat dit baie mooi lyk,” sê Louwrens Wessels, ’n derdejaar-BRek-student, wat al ’n draai by Penthouse gemaak het.

Dylan Coetzee, ’n tweedejaar-BIng (Elektries en Elektronies)-student sê: “Die ry by Penthouse gaan vir seker vinniger as by Nu’Bar. Penthouse het ’n lekker dansvloer en dit is skoner as ander kuierplekke.”

Indien jy een van die studente is wat tot laatmiddae werk en wonder of jy dalk saam met jou vriende by Penthouse moet gaan kuier, dan is die antwoord wat jy vir jouself moet gee ’n definitiewe “ja”. ’n Aand by Penthouse sal beslis nie teleurstel nie.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial