Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Deur Ané Havenga

Maties het met hulle weghol-sege van 52 – 19 teen Ixias oftewel Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) gewen wat dit drie-uit-drie gemaak het vir hulle laaste drie wedstryde. Op 14 Maart het Maties dié Bloemfonteinse span op hulle tuisveld aangedurf en gesorg vir ‘n indrukwekkende sege.

Maties sou veral seker wou maak dat hierdie uitstappie na Bloemfontein meer suksesvol was as hulle tweede rondte teen die Shimlas. Ná hierdie nederlaag van 28 – 50 op 21 Februarie, het Maties se span net vorentoe gekyk en hulle volgende drie wedstryde onderskeidelik teen Wits, UJ en SUT gewen.

Op 7 Maart het Maties teen UJ by Danie Craven-stadion gespeel. Die maroen aanhangers het hulle plek op die hoofpawiljoen ingeneem en beslis vir gees gesorg. Dit was ’n naelbytstryd tussen die twee spanne met Maties wat uiteindelik 40 – 38 geseëvier het. Hulle kon gelukkig ’n terugvegpoging van UJ in die laaste paar minute teenstaan.

Alhoewel Maties die week weg van die huis af moes speel, het hulle ’n puik vertoning gelewer. Hulle sal egter hoop om in die toekoms beide helftes te domineer aangesien hulle net sewe punte ná halftyd teenoor SUT se 19 kon aanteken. Die halftydtelling was 45 – 0 in Maties se guns.

Maties het sewe drieë gedruk en dit was veral Sean Swart, haker, se twee drieë wat uitgestaan het. Swart het ook vir die tweede agtereenvolgende week die FNB Player that Rocks-toekenning ontvang en hy gaan dus vir ’n tweede keer op die veld met ’n pienk broek spog. Dit gaan eerder ’n aand wees om te vergeet vir die Maties stut James Combrinck nadat hy met ’n rooikaart van die veld afgejaag is.

Maties is tans tweede op die ranglys met 20 punte, kop aan kop met die UCT Ikeys wat 21 punte het. Op 21 Maart verwelkom Maties die NWU Eagles (Pukke) op hulle tuisveld. Pukke se spel het tot dusver nie gunstig uitgedraai nie en is tans sewende op die ranglys met 13 punte, volgens die FNB Varsity Cup-webblad. Tog is Pukke ’n gedugte span wat nie vlak gekyk moet word nie en die wedstryd beloof om hope pret aan alle Maties te verskaf.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial