Pedro pronk met sy nuwe digbundel (Foto: Pedro se Instagram)

Pedro se Pienk Ceramic-hondjies debuteer

Dominique Fuchs

Ryan Pedro, ’n meesterstudent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs sy debuutdigbundel Pienk Ceramic-hondjies vrygestel. Pedro beskryf sy digbundel as “een groot postcolonial vraagstuk”. 

Pedro gebruik verskillende Afrikaans-variëteite in sy debuutbundel om die verskillende ruimtes waarin hy grootgeword het, uit te beeld; dit sluit variëteite van Kakamas en die Weskus in.

Pedro het weens ’n interessante rede sy digterspen opgeneem. “Ek wou ’n meisie impress. Haar naam was Nicole en haar favourite boek was Kringe in ’n Bos. Toe ek later confess dat ek vir Kringe haat, het dit uitgebom. Maar at least het ek my eerste poem daaruit gekry.”

Boeke, musiek en kuns was nog altyd ’n big deal van Pedro se grootwordjare. “As ’n introvert het daai baie vir my beteken. Boeke, especially poetry, het vir my ’n groot toevlug geraak wanneer die outside world te chaotic begin voel het.”

Pedro beskryf homself as ’n “baie anxious en neurotic persoon. So when that shit flares up, isolate ek altyd myself so gou ek kan. Dis in daai moments wanneer ek myself moet terugskryf tot op ’n plek waar ek weer ’n fully functioning member van society kan wees. Dis hoekom meeste van die sprekers in my gedigte altyd in die middel van chaos is, of vanaf ’n distance observe hoe dinge up in flames gaan.”

Sy gunstelingskrywers is Nathan Trantraal en Ronelda S. Kamfer. “Hulle is vir my die benchmark van Afrikaanse writing en die potential wat dit het om te transcend vanuit die purist en traditional shackles waarin dit tans is. So hulle is beslis my favourite writers en dié wat ek die meeste respect voor het. Dis experimental. Fearless. En cool.”

Hy skryf in sy digbundel oor “hoe kom modern identities (especially coloured and masculine identities) tot stand in dit wat postcolonial scholars die ‘third space’ noem. Hierdie “space” word geken as ’n ruimte waarin hybrid identities tot stand kom en exist; identities wat fluid voorkom en nie ingeperk kan word tot bepaalde sekerhede nie. Dis syns insiens ook ’n “fragile space”

Alhoewel die titel na ’n baie spesifieke gebeurtenis in die digbundel verwys, beskryf dit ook die ruimtes en mense wat lesers in die bundel gaan teëkom.

Oor sy studies sê Pedro dat hy dink hy na sy meestersgraad “vir eers klaar is”. Hy werk nou al vir twee jaar as draaiboekskrywer en sal vir ’n tyd lank eers daarop wil fokus. Pedro skryf tans aan ’n sitcom en mini-reeks en sal graag meer toegewyd daaraan wil werk. Verder is hy ook druk besig met sy tweede digbundel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram