Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

BY WILLOW-RUBY VAN DER BERG

Danksê Wadda Du Toit, MIng (Megatronies), se besigheid Ysterkoei hang ’n hele paar studente se jeans nie meer op hulle knieë nie. Hy maak stylvolle handgemaakte belde en is ook die persoon agter Danie du Toit se gewilde Harry Potter-belt.

Du Toit is tans besig met sy meesters in megatroniese ingenieurswese, onder die Biomediese Ingenieursnavorsingsgroep, dus sal baie mense vra hoekom hy besluit het om ’n besigheid te begin waar hy belde maak. Wadda se antwoord hierop is: “Ek het deur skaak geleer dat mens meer as een rede nodig het voordat jy ’n besluit moet neem, so ek het drie. Ek doen tans my meesters en het ongelukkig nie befondsing ontvang nie, so ek het geen geld nie. Die tweede rede is dat ek die tools reeds gehad het. Derdens wou ek graag iets doen waar ek kreatief kon wees. Na vier jaar se ingenieurswese is ek honger daarvoor! ’n Paar dae terug het ’n tannie vir my by Clay Café gesê dat mans sukkel om kreatief te wees, ek het toe hard begin golfies op my koppie verf – dit sal haar wys.”

So, met almal se nuwejaarsvoorne-mens was een van Du Toit s’n dus om met hierdie projek af te skop. Die naam Ysterkoei het deur die jare al op verskeie plekke opgeduik en Du Toit verduidelik hoekom hy besluit het om die naam te gebruik vir sy besigheid: “Die naam Ysterkoei kom van my pa se leerwerkbesigheid toe hy jonk was, Ysterkoei Leerwerke. Hulle het die naam gekry van BreytenBreytenbach se digbundel Ysterkoei Blues. Die digbundel sluit al sy digbundels en ongepubliseerde verse tot net voor sy gevangenskap in. Nog ’n rede is dat daar ook reeds’n Ysterkoei-stamp was!”

Baie mense weet ook nie dat Spoegwolf se eerste band-naam Ysterkoei was nie. Hierdie naam word in die Du Toit-gesin van generasie tot generasie oorgedra, soos Du Toit verder uitbrei: “Spoegwolf het die naam by dieselfde plek gekry, dalk ook gedink dis good luck. Plus, ons het ook reeds ’n koe op ’n sign gehad, wat hulle in een van hulle eerste musiekvideo’s kon gebruik het.”

Du Toit is ook nie vasgevang in ’n spesifieke styl soos dié wat ten duurste verkoop word in winkels nie, maar verskaf werklik iets na almal se smaak. “Ek maak ook gevlegde belde, maar ek is nie beperk tot enige styl nie, dit hang maar af van wat die mense soek. Kyk op my Instagram-stories (ysterkoei_leather), ek het al baie verskillende belde gemaak en gaan so aanhou.

Ek werk tans op bestellings, maar ek kan enige belt maak solank eknie hoef te stik nie,” verduidelik Du Toit.

Vir ’n gewone handgemaakte leerbelt vra Du Toit R450 en ’n gevlegde leerbelt verkoop hy teen R500. Met hierdie aankoop sal enige mens, sonder vrees dat hulle broek gaan afgly, kan gesels oor koeitjies en kalfies soos ’n regte yster.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial