Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR DOMINIQUE VERSTER

 TERWYL die meeste paartjies ’n romantiese aand saam op Va­lentynsdag spandeer het, het John Briers (Universiteit Stellenbosch BIng-alumnus) en Carla Visagie (derdejaar-BA(Geesteswetenskap­pe)-student) soos wafferse fortuin­soekers vir hul gesteelde items in die Eersterivierloop gesoek.

Briers en Visagie het die aand van 14 Februarie by ’n braai saam met hul vriende naby Coetzenburg deurgebring, toe Briers aan die einde van die aand (omstreeks middernag), besef dat daar by sy bakkie ingebreek is. Volgens Briers en Visagie het die verdagtes Briers se naweektas, met onder meer sy werk se skootrekenaar, oornagklere en hardeskyf, gesteel.

Briers vermoed hulle het deur middel van sy bakkie se kap toe­gang gekry tot sy besittings aang­esien daar “geen vensters gebreek was nie”.

“Toe ons 00:00 se kant terug huis toe gaan, het ek eers terug­gery na Carla se plek toe en toe ek uitklim sien ek agterin my bakkie dat die goed weg is,” sê Briers.

Visagie het eers later, nadat sy haar vriende afgelaai het, met ’n aparte voertuig by haar woon­stel gearriveer en die paartjie het toe besluit om terug te keer en te gaan soek vir die gesteelde items. Volgens Briers het hy “toe maar teruggery [na die toneel]” want hy “moes als doen wat hy kon”.

“Ons het besluit om terug te ry en toe ons op pad terug is om die goed te gaan soek, het ons vir Hein­rich Ortell, ’n Fidelity ADT-sekur­iteitswag gekry wat gesê het hy sal vir ons kom help soek. Hy was besig om die area te patrolleer in­dien enige alarms sou afgaan. Toe ons by die toneel aankom, het ons besef dat nie een van ons ’n lig of selfoon by ons het om die polisie te bel nie,” het Visagie gesê.

Visagie verduidelik dat sy eers teruggegaan het na haar woonstel om selfone te gaan haal en dat Briers reeds die meeste items gevind het teen die tyd wat sy terug by die toneel aangekom het.

“Hy het vertel dat hy op- en afgestap het by die rivier en net voordat hy wou opgee, het hy to­evallig sy sak met die sebrastrepe op die wal van die rivier gesien,” sê Visagie.

“Die skootrekenaar was uit my sak uit; alles was eintlik uit my sak uit. My skootrekenaar was onder ’n doringboom weggesteek,” brei Briers uit.

Terwyl Visagie besig was om die selfone te gaan haal, het Ortell, wat hulle vroeër die aand teëge­kom het, vir Briers gaan help soek, alhoewel meeste van die items reeds gevind is teen die tyd wat hy by Briers aangekom het. Ortell het ongeveer ’n uur-en-’n-half by die paartjie gebly om vir die oorbly­wende items te soek.

“Ek het ’n alarm gaan doen in Dorpstraat waar ek twee mense gevra het of hulle iemand gesien het met die sak wat hy [Briers] beskryf het vroeër die aand. Toe ek daar kom het ek gesien dis Briers en dat hy sy goed gekry het.”

Volgens Briers het hy al die items teruggekry, behalwe som­mige van sy toiletware, sy par­fuum en hardeskyf. Briers het die saak by die polisie aangegee, maar die hulle kon nie voor druktyd bevestig of daar ‘n saak is nie.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial