Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Carla Visagie gesels met die Matie-alumna en kranige aktrise Marguerite van Eeden oor haar nuwe fliek, Vergeet My Nie

 Terwyl meeste studente op hulle studies fokus, is Mar­guerite van Eeden, HonsBA (Drama en Teaterstudie)-student aan die Universiteit Stellenbosch, die afgelope tyd op al wat ’n skerm is te sien.

Marguerite het die afgelope paar maande hard gewerk aan Vergeet my nie, ’n ware liefdesver­haal wat afspeel in die Verenigde Koninkryk, Potchefstroom en Na­mibië. Die fliek het voortgespruit uit die wenners van Huisgenoot en kykNET se fliekkompetisie. Die kompetisie het behels dat ’n liefdesverhaal van 3000 woorde in­gestuur moes word, waarna Fran­cois Bloemhof die verhaal in ’n draaiboek en roman verander het.

Die fliek vertel die verhaal van Mardaleen Coetzer en Hugo Derks wat ’n romanse so sterk het dat geen grens of oseaan dit kan keer nie. Die gesoute Marguerite wou al van jongs af voor die kameras verskyn en sy vertolk die rol van Mardaleen.

“Die storie verloop so dat Mard­aleen met ’n ou in Potch uitgaan en hy verneuk haar dan. En dan gaan sy London toe saam met haar beste vriendin Lara. Mardaleen ontmoet dan hierdie ander ou Hugo (wat sy ook in Potch ontmoet het), maar hy was ’n player. Mardaleen en Hugo herontmoet dan in Londen en gaan dan op ’n romantiese af­spraak, waarna Mardaleen dan moet kies tussen haar loopbaan en liefde,” verklap Marguerite oor die film.

Volgens Marguerite was ’n boek oor perde die katalisator vir haar passie om toneel te speel.

“Ek het baie van My Ponies ge­hou en ek e-pos toe die vrou om haar te vra of ek asseblief die girl kan speel. Sy het toe reply en gesê dat sy graag sou wou, maar dit is te duur. Sy raai my toe aan om ’n agent te kry en dit is waar alles be­gin het,” sê Marguerite.

Marguerite, wat in Pretoria ge­bore is en in Hoër Meisieskool La Rochelle was, sê haar planne vir die jaar is om vir ’n verandering net ’n student te wees.

“Ek oudisie vir teatergoed en dan kyk ek wat na my kant toe kom, maar vanjaar is vir my ’n less is more jaar,” sê die aktrise.

As sy ’n cartoon-karakter kon wees sou sy “enige iets in Lion King wou wees, solank dit net nie die bad guy is nie”.

Volgens Marguerite was die le­kkerste deel van die verfilming dat sy nie net die geleentheid gehad het om vir Mardaleen en Hugo te ontmoet nie, maar ook om al die plekke te sien waar die gebeure af­gespeel het.

“Dit was interessant om Hugo en Mardaleen te kon ontmoet in Namibië, hulle is nog só verlief na soos 20 jaar.

Dit was ook baie lekker om saam met die akteurs te werk, ek het net my vriende baie gemis,” klets Marguerite.

Volgens die jong aktrise het sy dit geniet om tyd op ander plekke te spandeer, maar daar was ook soms uitdagings daaraan betrokke.

“Alhoewel ons die helfte van die fliek in Londen geskiet het, het ons net tien dae daaraan geskiet. Altesaam het ons het drie maande aan die fliek geskiet, so ons het sommige dae 19 ure per dag gesk­iet. Verder het ek een dag siek ger­aak en dit het almal laat stres,” sê Marguerite.

Akteurs waarmee Marguerite nog onder andere sal wil werk, is Hendrik Niewoudt, Stellen­bosch-alumnus wat bekend is vir sy rol in Tydelik Terminaal. ’n An­der aktrise waarmee sy sal wil werk is Martelize Kolver, aang­esien sy “mal oor Brenda in Hotel is” en omdat sy Kolver as “een van die mees underrated aktrises in Suid-Afrika” beskou.

Die blou-oog-brunet sê dat haar vriende en die koffieplekke, soos Häzz, Deluxe Coffeworks, Café Furlough en Meraki, een van haar gunstelingdele van Stellenbosch is. Sy “hou ook baie van Drum se aandetes”.

Volgens Marguerite weet nie­mand dat sy “nie kan sing nie”.

“Toe ek oudisies vir drama ge­doen het moes ek Happy Birthday sing voor al die legendes soos An­toinette Kellerman, Marthinus Bas­son en Susan Beyers en ek was nie fine nie,” sê Marguerite.

As Marguerite enige raad vir studente kan gee, sal dit wees “om studentelewe te geniet, om die lewe te geniet en te relax”.

2 thoughts on “Matie-aktrise steel al die harte

  1. Great content! Super high-quality! Keep it up! 🙂

Comments are closed.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial