Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

SHAZNAY HENNEY

Die gemiddelde Suid-Afrikaner bevind haarself min of meer een maal per dag in ’n politiek gebaseerde gesprek. Mense ís mos so lief daarvoor om in die oploop na stemdag hardopte wonder langs watter politiekeparty jy jou kruisie gaan trek.

Sou jy die skimp vang en besluit om jou groot geheim te verklap, is die volgende logiese stap in die gesprek vir hulle om hul kant van die saak te verduidelik. Ter wille van die argument meen persoon X dat sy nie gaan nie stem nie want A B C en jy moet ook nie want D E F.

Dié einste gemiddelde Suid-Afrikaner sal ’n ongemaklike lag uit- druk, knik en saam stem met die res van die gesprek. Politiek is immers ’n sensitiewe saak in ons land en geen mens wil onnodig op eiers loop nie, nie waar nie?

Daarom verwys ek dan graag na Martin Luther King wat een- maal gesê het: “There comes a time when silence is betrayal” en ek dink daardie tyd is nou.

Hoewel King se toespraak buite die Riverside Baptistekerk in 1967 op non-violence gesentreer is, dink ek dié einste uitlating kan in die lig van die komende verkiesing ook aan Suid-Afrikaners gerig word. Moenie kla nie, doen iets.

Geagte leser, moet my tog asse- blief nie verkeerd verstaan nie. Ek het nie gekom om jou te oorreed om jou kruisie te trek op die dag van die 8ste Mei nie. Ek het eintlik myself gemaklik kom maak op jou rusbank om jou my kant van die storie te vertel.

Gee jy om om vir ons die ketel aan te skakel? Rooibos met warm melk en twee teelepels heuning, asseblief. Ek wil begin deur te noem dat daar dikwels geargumenteer word dat die jeug die toekoms van die land in hul hande dra. Die rede hiervoor kan wees omdat die meeste jong mense daarna streef om ten alle tye ingelig en opgevoed te bly.

Hulle is klaarblyklik ook nie op hul bek geval nie, en polities gedrewe optogte soos #FeesMustFall getuig hiervan. Dit bly dus onmoontlik om verby die groot invloed wat die jeug op die land se sake het, te kyk.

Geagte leser, ek vra dan dus: As die jeug as toeskouers buite die politieke arena reeds soveel bereik het, kan jy jou indink net wat hul als van binnekant kan verrig?

Ek sluit graag myself by daardie groep ingeligte en opgevoede jong Suid-Afrikaners in, omdat ek meen dis sinneloos om aktivisties en uitgesproke oor sake soos grondonteiening, rassegeweld, en so meer te wees, maar dan te weier om te stem.

Ek gaan my bokshandskoene aantrek en die arena betree, omdat ek weier om van buitekant (en op sosiale media) tekere te gaan ter-wyl ek die kans om direk betrokke te raak, deur my vingers laat glip.

Vir solank as wat die jeug buite die politieke arena staan, sal hulle gemarginaliseerd en vervreemd van politieke leiers voel. Op dié manier is hulle ook kwesbaar en politieke partye sal hul steeds moeiteloos met leë be- loftes aan die neus kan lei.

Ek glo ook dat dit my en alle an- der jong mense se burgerlike plig is om deel te raak en self oploss- ings vir maatskaplike ongereg- tighede te vind. Vryheid en regte bring immers verantwoordelikheid mee. Ek weier om van buitekant (en op sosiale media) tekere te gaan ter- wyl ek die kans om direk betrokke te raak, deur my vingers laat glip.

Vir solank as wat die jeug buite die politieke arena staan, sal hulle gemarginaliseerd en vervreemd van politieke leiers voel. Op dié manier is hulle ook kwesbaar en politieke partye sal hul steeds moeiteloos met leë beloftes aan die neus kan lei.

Ek glo ook dat dit my en alle an- der jong mense se burgerlike plig is om deel te raak en self oplossings vir maatskaplike ongereg- tighede te vind. Vryheid en regte bring immers verantwoordelikheid mee.

Related Post

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial