Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

ANKE VAN DER MERWE

FNB Maties is Maandagaand vir die tweede agtereenvolgende jaar as Varsitybeker-kampioene gekroon toe hulle vir FNB UP Tuks 34–12 geklop het. Die Danie Craven was vol met ongeveer 20 000 mense wat gesorg het vir ’n geesdriftige affêre.

FOTO: Luke Thorrold

Om al die aksie te herleef, hier volg ’n tydlyn van die belangrikste gebeure:

Johann van Niekerk (6) van Maties gaan druk in die vierde minuut, maar losskakel Jordan Chait skop teen die paal vas. Telling: 5–0.

Maties druk in 31ste minuut met Munier Hartzenberg (14) wat onder die pale duik, met ’n uitstekende vangs vanaf Chris Smit (12) se skop. Chait skop oor en maak die telling 12–0.

FOTO: Luke Thorrold

Johann van Niekerk (6) druk ’n sewe punt drie in 48ste minuut en Chait skop oor om telling na 21–0 te laat klim.

Dewald Naude (14) van Tuks druk in 54ste minuut. Tinus de Beer (10) verdoel nie die drie nie en die telling bly 21–5.

Dewald Naude (14) van Tuks druk in 60ste minuut en De Beer skop oor om telling 21–12 te maak.

FOTO: Luke Thorrold

Heelagter Vaughen Isaacs van Tukkies kry ’n rooi kaart in 64ste minuut vir ’n hoogvat teen Brendon Nell (21).

Chait (10) skop in 66ste minuut ’n strafskop oor om die telling 24–12 te maak.

FOTO: Kevin Sawyer


David Brits (13) van Maties onderskep en Hartzenberg (14) sy druk driekuns drie in die 69ste minuut. Chait (10) skop oor en die telling staan op 31–12.

Chait (10) laat die eindtelling staan op 34–12 met ’n strafskop in die 76ste minuut.

Steers Kinging Moment: Munier Hartzenberg (Maties).

FNB Player That Rocks: Chris Massyn (Maties).

FNB Player of the tournament Chris Smit (Maties).

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial