Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Links tot regs, Cllint Cupido, Candice Denner, Eugene Greyling, Renier Basson.

ZAHLÉ ELOFF

LESSONS in Conservation (LiC) is ‘n ten volle geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat deur hul Besturende Direkteur, Dean Carlisle, gestig is.

LiC is verlede jaar gestig en word deur studente bestuur met die doel om mense, veral skool leerdes, oor omgewingskwessies en die belangrikheid van bewaring op te voed.

Op Donderdag 4 April het hulle by Trumpet Tree ‘n geleentheid aangebied waar hulle die gemeenskap oor LiC ingelig het en betrokkenheid aangemoedig het.

Eugene Greyling, die Distriks-bestuurder, het die Wes-Kaap se bekendstelling aangebied en het vertel van LiC se opvoedkundige lesse aan die jeug en minderbevoor regte gemeenskappe.

“Ons doel is om die jeug ‘n geleentheid te gee om hul eie lewens en die gemeenskap van binne te verander,” sê Candice

Denner, die lid vir Administrasie en Skenkerverhoudinge by LiC.

“In Afrika is ons so bevoorregin terme van wild en die natuur-
like hulpbronne wat ons het,” het Greyling in die aanbieding gesê .

Denner sê dat die mees effektiewe manier vir die LiC om te kan groei en alles wat dit uitgesit het om te bereik, deur vrywilligers en
skenkers is.

Denner het ook gesê dat die aangeleentheid ‘n groot sukses was en dat die lootjies goed gaan.

Vir diegene wat in ‘n minder toegewyde rol belangstel word dit voorgestel dat hulle by Friends of Lessons in Conservation (FLiC) aansluit. Hierdie organisasie poog om ongelooflike geleenthede bekend te stel om mense bewus te maak oor wat gedoen kan word om die ryk biodiversiteit in Suidelike Afrika, en hopelik eendag, die wêreld, te bewaar.

FOTO: Zahlé Eloff

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial