Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

NICOLE NASSON


DIE Universiteit Stellenbosch se Debatsvereniging (USDV) het die afgelope naweek hul jaarlikse beginnerstoernooi aangebied.

Die USDV het lede van aktiewe debatsverenigings van Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), Universiteit van Kaapstad (UK) en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) genooi om aan dié toernooi deel te neem. Slegs debatteerders met geen of baie min ervaring op universiteit mag deelgeneem het.

Dis alles ter voorbereiding vir ander, meer ervare en gewilde toernooie, soos die Jozi Rumble. Beginners is op die eerste dag deur ‘n vinnige maar informasiebelaaide sessie oor speaker- en beoordelaars-afrigting.

Dit word albei volgens die Britse Parlement-styl gedoen. Hierdie styl geniet voorkeur by universiteitsdebatte, omdat daar só meer van ‘n wisselwerking tussen idees kan geskied, volgens Lia Snijman, die USVD se voorsitter.

Kort na die opleiding het die debatteerders hul onderwerpe ontvang en het 15 minute gekry om navorsing te doen voor hulle dan vir of teen die onderwerp moes argumenteer, wat enige onderwerp kon wees, soos byvoorbeeld, of mans in die feminis-beweging ingesluit moet word.

Mosibudi Madike, verenig- ing se gelykberegtigingsbeampte (equity officer) by die toernooi, het haar rol by toernooie verduidelik.

Sy het gese dat “Iemand wat in ‘n wesenlike, legitieme posisie is om dit salkan doen.”

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial