Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

KESIA ABRAHAMS


ST. PATRICK-DAG – ’n tyd waar studente vierblaar-klawers dra en groen bier drink.

Alhoewel hierdie feesviering sy oorsprong in Ierland het, word dit ook wêreldwyd en in Stellenbosch gevier. So, wees op jou hoede vir al die feestelikhede in die dorp, maar intussen, hier volg ‘n paar geleenthede om die dag te vier: Die Happy Oak vier St. Patrick-dag hierdie naweek met ’n verskeidenheid spesiale aanbiedings.

Dit sluit verskeie drank-opsies soos die “Irish Car Bomb” en “Blue Lagoon” in. Hulle sal ’n kompetisie hê waar deelnemers die leprechaun se goudpot kan opspoor en die kans staan om ’n gratis T-hemp wen!

Aandklas bied vir die eerste keer ooit St. Patrick-dag Saterdag en Sondag aan. Hulle het ook platejoggies gereël wat spesiaal musiek sal speel om jou in die Ierse-gees te kry.

Vir diegene wat op soek is na studente-aanbiedings stel Aandklas nie teleur nie. Hulle aanbiedings sluit in: Twee Guinness-biere vir R60; ’n Springbok vir R10; en ’n geheime drankie genaamd “The Leprechaun” vir slegs R25.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial