Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

MANSAFLOSSPAN Van links: Gardeo Isaacs, Divan Manuel, Jason October en George Weilbach.

 

ANNERI COETZEE


’n Misverstand tussen die Matie vroue-aflosspan by die eerste Varsity Atletiekbyeenkoms van die seisoen het gemaak dat dié span van die wedloop gediskwalifiseer is. Lara Johnson, ’n eerstejaar BCom(Bestuurswetekenskap)-student en lid van die span het verduidelik dat ’n misrekening van spoed veroorsaak het dat sy nie betyds die aflosstokkie aan haar spanmaat kon oorgee nie.

“Ons het ’n nuwe strategie probeer waarin ek tien meter verder moes hardloop. Teen die tyd wat ek die stok vir [my spanmaat] moes gee, was ek te vinnig en sy te stadig en toe mis ons mekaar in die tradeoff-zone ,” het sy gesê.

Dié glips het die Maties in vyfde plek op die Varsity Atletiek punteleer gelaat.

Wynand Du Toit, ’n finalejaar BA(Sportwetenskap)-student en verteenwoordiger van Maties Atletiek, het verduidelik dat ’n verandering in die aflosreëls dalk te blameer is.

“Die reëls van die aflos het so bietjie verander. Die tweede strek is nou 30m waar dit in die verlede korter was,” het hy gesê.

Janke van Wyk, ’n finale jaar BEd-student en die Maties se atletiekkaptein, sê oor die mislukte strategie: “Ons wou die backstraight so lank as moontlik maak en die oorgee kort maak. Dit maak die risiko [vir diskwalifikasie] hoër. Dit het briljant gewerk by die mans aflos, maar ongelukkig het dit nie by die vrouens gewerk nie.”

Die ranglys van die verskeie universiteite wat deelneem is volgens die Internasionale Assosiasie van Atletiek Federasies (IAAF) regulasies bereken. Volgens die regulasies tel die aflos ’n noemenswaardige deel van die eindpunt by elke byeenkoms.

Elke wolk het darem sy silwer randjie. Vir die Maties-atletiekspan het die randjie gekom in die vorm van atleet Divan Manuel, ’n tweede-jaar-BA(Sportswetenskap)-student en verspringer. Manuel het eerste plek in die mansverspring behaal toe hy 7.96m ver gespring het. Manuel het gesê dat hy dankbaar is vir sy span se konstante ondersteuning en dat hy uitsien vir wat die res van die seisoen behels.

Die span bly steeds positief en sien uit om hulle teenwoordigheid by die volgende Varsity atletiekbyeenkoms wat 15 Maart in Pochefstroom sal plaasvind, bekend te maak. Pukke is op die oomblik in die eerste plek op die punteleer. Van Wyk hoop dat die stand van sake gou sal verander.

“Die span se gemoed is baie goed. Ons is nou meer gemotiveerd as ooit om in die top drie te eindig by die tweede been van die Varsity Atletiek,” het sy gesê.

               VERSPRING Divan Manuel

Foto’s: Francois Lombard

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial