Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

RENÉ ESTERHUYSE

Last Thursdays

As jy ’n groot liefde vir die kunste het, is hierdie net vir jou. Elke laaste Donderdagaand van die maand kan jy vanaf 17:00 tot 20:00 sekere kunsgalerye gratis in die dorp besoek. Thrift-shopping op Stellenbosch is ook groot, amper so groot soos rugby. Jy kan by Trumpet Tree ’n draai maak by die markie met vintage en tweedehandse klere en ’n lekker vibe, wat ook elke laaste Donderdagaand van die maand aangebied word.

OU KLERE EN DIE NUUTSTE MODE Tweedehandse klere te koop by Trumpet Tree se kleremarkie. Foto: Verskaf
OU KLERE EN DIE NUUTSTE MODE Tweedehandse klere te koop by Trumpet Tree se kleremarkie. Foto: Verskaf

By die Konservatorium

Baie studente betaal ten duurste om konserte by te woon, maar daar is net soveel talent op die kaarte by die Konservatorium. Die Endler-konsertreeks bied altesaam 25 konserte deur die jaar aan. Die verskeidenheid konserte in dié reeks sluit onder meer optredes van die Stellenbosch Universiteitskoor (SUK), die Universiteit van Stellenbosch Simfonieorkes (USSO), gaskunstenaars en student-ensembles in. Daar is ook Dinsdae en Donderdae gratis konserte tussen 13:00 en 14:00.

MUSIEK VIR JOU ORE Twee vioolspelers wat by die Konservatorium optree. Foto: Verskaf
MUSIEK VIR JOU ORE Twee vioolspelers wat by die Konservatorium optree. Foto: Verskaf

Woordfees

Die Woordfees lok jaarliks honderde feesgangers van regoor die land met optredes van Suid-Afrika se mees hoogaangeskrewe kunstenaars. Vanjaar is die fees 20 jaar jonk (die feestema) en vind tussen 1 en 10 Maart plaas. Die program het iets wat in elkeen se smaak sal val met ’n skrywersfees, diskoers, toneel, klassieke musiek, ’n filmfees, die Sanlam musiekfees, visuele kuns en die lys hou aan. Maak net seker dat jy so gou as moontlik kaartjies in die hande kry om moontlike teleurstelling te vermy en die feeskat binne jou uit te bring.

Music in the Park

Music in the Park vind elke Sondag tot 31 Maart tussen 13:00 en 17:00 op die Knorhoek-landgoed plaas. Vir diegene wat lief vir musiek én smaaklike kos is, is dit ’n heerlike Sondagmiddaguitstappie. Daar is live musiek, verskillende middagete opsies, voorberei deur Knorhoek se tuinkombuis, asook ’n buitelugkroeg en -dansvloer.Dit is ook lekker aangesien dit nie jou bankrekening te veel skade sal berokken nie. Aanlynkaartjies kos R50, maar as jy by die hek koop, kos dit R90.

Naweekmarkies

Stellenbosch en die omliggende omgewing het verskillende naweekmarkies met ’n ontspanne atmosfeer en top gehalte kos en wyn. Een so ’n mark is die Slow Market, wat elke Saterdag vanaf 9:00 tot 14:00 by die Oude Libertas plaasvind. Nog ’n opsie is die gewilde Root 44-markie op die Audacia-wynplaas op die R44-pad, wat elke Saterdag en Sondag vanaf 9:00 plaasvind. Daar is nie alleen ’n verskeidenheid stalletjies nie, maar ook live musiek. Lourensford-landgoed in Somerset-Wes is ook ’n heerlike markie vir lui Sondae en vir ’n buitengewone markie-ervaring, is daar hulle Twilight Market, elke Vrydag vanaf 17:00 tot 21:00.

KOOP EN GENIET Markiegangers kuier lekker by Lourensford se markie. Foto: Verskaf
KOOP EN GENIET Markiegangers kuier lekker by Lourensford se markie. Foto: Verskaf

Aktief in die natuur

Met sy natuurskoon en berge is Stellenbosch ook ’n gewilde fietsry-bestemming. Die Dirtopia Enduro, wat op 17 Februarie op die plaas Delvera plaasvind, is om die draai. Met uitdagende bulte, goeie enkelspoorpaadjies en wonderlike uitsigte oor die wynlande, is dié geleentheid een wat fietsryers nie kan misloop nie. Kaartjies beloop R375. Die Spier Wynplaas bied ook Twilight Runs aan. Daar is verskillende roetes, soos die 5 km (R60) of 10 km (R100) of ’n 3 km pretdraf (R30). Kaartjies by die deur mag bietjie duurder wees. Die wedlope begin gewoonlik tussen 18:30 en 18:45. Die volgende Twilight Run sal op Vrydag 8 Februarie plaasvind.

ROCK DAAI LYFIE Jarrod van den Heever is parmantig op een van Stellenbosch se fietsroetes. Foto: Jacques Grobler
ROCK DAAI LYFIE Jarrod van den Heever is parmantig op een van Stellenbosch se fietsroetes. Foto: Jacques Grobler

Full Moon Hike

Met elke volmaan vind die Falke Full Moon Hike op Delvera plaas. Hier-die 9,75 km staproete wat deur die wynlande strek tot bo-op die Klap-mutskop, waar jy kan

 

piekniek hou terwyl die son sak en die volmaan opkom, het ’n uitsig oor Tafelberg. Kaartjies beloop R100 per persoon en moet ten minste twee dae voor die tyd bespreek word.

Street Soirees

Die Stellenbosch Street Soirees vind een keer per maand op ’n Woensdagaand van 18:00 tot 20:00 in Drostdystraat plaas. Die straat word toegemaak om plek te maak vir kos- en wynstalletjies. Kaartjies beloop R100 per persoon, wat een glas wyn en 12 wynproe-koepons insluit. Kos is nie by die prys ingesluit nie. Met elke volmaan vind die Falke Full Moon Hike op Delvera plaas. Hier-die 9,75 km staproete wat deur die wynlande strek tot bo-op die Klap-mutskop, waar jy kan piekniek hou terwyl die son sak en die volmaan opkom, het ’n uitsig oor Tafelberg. Kaartjies beloop R100 per persoon en moet ten minste twee dae voor die tyd bespreek word