Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

SZ MINNAAR

Ekonomie was verlede jaar die gewildste eerstejaarsvak aan die Universiteit Stellenbosch (US). Meer as 2 000 studente het verlede jaar vir dié vak registreer. Aangesien die fakulteit ekon-omiese en bestuurswetenskappe (EBW) die US se grootste fakulteit is, is dit geen verrassing dat hierdie fakulteit die eerstejaarsvakke met die grootste studentegetalle aanbied nie.

Volgens die universiteit se kantoor vir inligtingsoorsigbestuur is die agt gewildste eerstejaarsmodules deur hierdie fakulteit aangebied. Dié modules is, van groot na klein, Ekonomie 144 en 114, Besigheidsbestuur 113 en 142, Renterekening 152, Inligtingsvaardighede 172, Finansiële Rekeningkunde 188 en Statistiek 186.

Matieland is egter nie net ’n handelskool nie. Die gewildste eer-stejaarsmodules in die fakulteit lettere en sosiale wetenskappe, die US se tweede grootste fakulteit, was verlede jaar Sielkunde 114 en 144. Hierdie twee modules het ook onderskeidelik die negende en tiende plek aan die universiteit beklee wat betref die totale getal studente wat daarvoor geregistreer was.

Chemie 144 was die gewildste eerstejaarsmodule in die fakulteit natuurwetenskappe en het die elfde plek van die universiteit se eerstejaarsmodules beklee.

Aangesien registrasie nog aan die gang is, kan vanjaar se getalle vir eerstejaarsmodules nog nie bepaal word nie. Studente wat geregistreer het en onseker oor enige modules is, het nog kans tot Vrydag 15 Februarie om hulle modules te verander. Enige moduleveranderings wat ná 15 Februarie plaasvind, mits toestemming by die betrokke fakulteitsbeampte verkry word, gaan studente R100 uit die sak jaag.

Voorgraadse studente wat nie van e-registrasie gebruik maak nie, kan nog vandag en môre op kampus in Narga gaan registreer.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial