Carla Visagie
Feesgangers sal meer wyn moetĀ drink, aangesien waterbesparing eenĀ van die hoof prioriteite is by die US WoordfeesĀ in 2018. Daarom het die UniversiteitĀ Stellenbosch (US) in samewerkingĀ met die Woordfees besluit om verskeie
maatreëls in plek te stel om water tydens die fees te spaar.
Die grootste waterbesparing salĀ met betrekking tot toiletgerieweĀ wees. Chemiese toilette sal by dieĀ verskillende punte geplaas word enĀ watervrye handskoonmaakmiddelsĀ gaan water by sommige wasbakkeĀ vervang.
Meeste krane in publieke badkamers se watertoevloei sal ookĀ afgesny word. Die krane wat welĀ lopende water sal hĆŖ, gaan spesialeĀ mondstukke kry wat waterbesparendĀ is.
Danie Marais, hoof van die publisiteit by die US Woordfees, dink die fees het alle moontlike maatreëls in plek, maar dit is uiteindelik nie moontlik om die breë publiek te polisieer nie.
āDie feeskomitee vertrou dat dieĀ publiek die erns van die waterkrisisĀ besef en dat hulle alle geleenthedeĀ wat geskep is vir waterbesparing salĀ aangryp,ā het Marais gesĆŖ.
Die universiteit gaan ook bottelsĀ met gefiltreerde boorgatwater aan feesgangers beskikbaar stel. HierdieĀ bottels sal herhaaldelik by uitgesoekteĀ waterpunte op die feesterreinĀ volgemaak kan word.
Mense wat vanuit gebiede gaanĀ reis wat nie deur droogte geteisterĀ word nie, word ook versoek om tweeĀ 5 liter-bottels vir persoonlike gebruikĀ saam te bring.
Verder word hulle versoek omĀ genoeg klere vir die duur van dieĀ hele fees te bring sodat hulle nieĀ wasmasjiene hoef te gebruik nie enĀ ook om aan die res van die dorp seĀ waterbesparingspraktyke deel te neem.
Alle kosstalletjies by die fees is verderĀ aangeraai om net ān tipe kos te verkoopĀ wat nie water vir voorbereiding ofĀ skoonmaak sal benodig nie.
Volgens Martin Viljoen, woordvoerder van die US, verwelkom die universiteit die waterbesparingsmaatreëls wat die US Woordfees tref.
āNie net sluit dit aan by die dorpĀ se eie maatreĆ«ls nie maar speel ook ānĀ belangrike rol in verdere bewusmakingĀ van die droogte,ā het hy gesĆŖ.
Foto: Verskaf



