Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Willow-Ruby van der Berg

Bittereinder is die dinamiese trio van Pretoria, met Jaco van der Merwe, Louis Minnaar en Peach van Pletzen. Hulle laat ons al vir ’n dekade rond bons op treffers soos “Slechte Mensen” – wat die eerste Afrikaans en Hollandse rap liedjie ooit in 2010 was – “Dinkdansmasjien” en “Hartseer Gangster.”

Watse album het elkeen van julle geïnspireer om musiek te maak toe julle dit hoor?

Vir Louis was dit ’n maklike antwoord: Amon Tobin se From out where, maar Jaco en Peach het gewroeg met die vraag. Peach het ’n top drie van Red Hot Chili Peppers se Californication, Green Day se Dookie en amper al Depeche Mode se albums.
Jaco kon wel nie besluit op albums nie en het gesê dat die musiekgroepe wat hom inspireer Pixies, Nirvana en Sound Garden is.
Die proses wat die groep volg om hulle musiek te maak:
“Snaaks genoeg was dit nog vir elke album anders.”
Vir Dans tot die dood het hulle saam weggebreek vir ’n week en net gejam en saam die album gebou, soos wat gesien kan word op Youtube met die dokumentêr wat Louis gemaak het, naamlik Bittereinder – the making of DANS TOT DIE DOOD. Met die ander albums sal hulle apart met idees opkom en dit vir mekaar stuur.

Verkies julle die studio of die verhoog?

“Mens kan nie die twee vergelyk en die een bo die ander kies nie, want dit is so verskillend.
Daar is min dinge soos ’n lekker live show. Dit sny iets af wat jy nie altyd in die studio kry nie.
Die live show het daai bonatuurlike konneksie met die gehoor.
In die studio is dit weer baie belowend wanneer ons beat en lirieke perfek bymekaar kom en ons al drie saam daarna luister en dan: sh*t, dit werk.”

In watter aspek van julle lewens is julle bittereinders?

Jaco was in ’n Engelse skool, so hy is ’n bittereinder met die feit dat Afrikaans uiteindelik die oorhand gekry het en hy is ook deesdae die ou wat tot die bitter einde by partytjies bly. Louis beskou homself as ’n bittereinder net vir menswees en om nog lewendig te wees.
Volgens Louis is Peach ’n bittereinder met dromme speel, want in sy opinie moes hy al lankal ophou, maar Peach glo hy is ’n bittereinder as lid van Bittereinder en die musiekbedryf.

Is daar enige iets in die pyplyn waarna ons kan uitsien?

“Wel, ons het nog nie iets in die pyplyn nie, maar die pyp lê daar. Dis ons tiende bestaansjaar en vyf albums in 10 jaar pas mooi in, so vir daai wiskundige rede moet ons hierdie jaar ’n nuwe album maak. In die laaste twee tot drie jaar het ons baie stukkies musiek gemaak en net niks voltooi nie. Nou is die doel om 10 of watookal liedjies te maak en te voltooi.
So, eintlik is daar iets in die pyplyn, want daar is seker 10 liedjies wat ons kan klaarmaak, maar ons hou nie meer van daai pyp nie, dis die issue, ons kort nou ’n nuwe pyp, want dis vir ons belangrik om altyd ’n nuwe, vars palet van klank te vind.”

Elke album is ’n unieke ondergrondse avontuur waardeur Bittereinder jou vat om saam met hulle te bons.

Woordfees was geen uitsondering nie en enige iemand wat hulle optrede misgeloop het, kan beskou word as ’n “slechte mensen.”

Foto: Willow-Ruby van der Berg

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial