Latest Post

Homelessness on campus: Will it ever get better? Behind the Scenes, Beside the Students: The Role of a Faculty Administrator in Agrisciences Is your screentime toxic? Time for a break Millennium en GSTRiNG bring Rock na Boho’s – ’n aand van energie, nostalgie en nuwe klanke

Tivan Leak

Die SR het studente uitgenooi om aansoek te doen om te dien op ’n disiplinêre komitee. Volgens ’n e-pos wat gestuur is aan studente van die SR se amptelike eposadres af, sal die komitee opgemaak word uit vyf lede waarvan twee SRlede en twee regstudente moet wees.

As een of albei SR-lede regstudente is, sal daar meer plek op die komitee wees vir nie-regstudente. Die rol van die dissiplinêre komitee sal wees om alle klagtes te hanteer waar SR-lede die gedragskode van die SR oortree het. Die komitee sal dus slegs jurisdiksie hê oor interne
SR dissiplinêre sake.

Wiann Bester, die ondervoorsitter van die SR, het gesê dat hierdie komitee gevorm word soos voorsien deur hoofstuk 3 van die SR-gedragskode.

“Daar was geen voorval wat aanleiding gegee het tot die stigting van hierdie komitee nie”.