Of jy hul klasse interessant of vervelig vind en of jy hulle vir pred of 75% smeek, dosente speel ‘n belangrike rol in jou tyd as student. Dané Dooge het met ‘n paar dosente gaan gesels.

Prof. Geo Quinot
Dosent in Administrasiereg en Staatsverkrygingsreg, asook visedekaan van die Regsfakulteit

Watter raad sal jy aan jou jonger self as student gee?
Moenie so baie stres nie. Jou studentedae is eintlik die mees sorgvrye dae wat jy sal beleef.

Wat is die hoogte- en laagtepunte daarvan om ‘n dosent te wees?
Die slegste is ongetwyfeld die merkwerk. Die heel lekkerste deel vir my is om te sien hoe ’n student ontwikkel, hoe ’n student as ’n novice by ’n sekere veld instap en met die nodige selfvertroue uitstap.

Hoe verskil vandag se studentelewe van toe jy studeer het?
In party opsigte verskil dit baie en in party opsigte eintlik glad nie. Studente van vandag is baie meer tegnologies gevorderd as wat ons was toe ek ’n student was. Ons moes al ons moed bymekaar skraap om ’n dosent te gaan sien en nou kan ’n mens net ’n e-pos stuur.

Lekkerste plek vir ’n vinnige koffie?
Häzz.

As ek ’n drankie was, was ek…
’n Americano met so ’n bietjie koue melk by.

 

Prof. Gerhard Kemp
Dosent in Internasionale Strafreg en Strafprosesreg

Watter raad sal jy aan jou jonger self as student gee?
Lees wyd, dink wyd en moenie jou studiejare beskou as net ’n jaagtog om die eksamens deur te kom nie. Daar is soveel meer wat jy uit jou universiteitsjare kan put.

Wat is die hoogte- en laagtepunte daarvan om ‘n dosent te wees?
Die lekkerste is dat ek myself doenig hou met onderwerpe en navorsing wat my interesseer en ’n lewe daaruit maak. Die slegste is definitief om vraestelle te merk.

Hoe verskil vandag se studentelewe van toe jy studeer het?
Ek dink hierdie is ’n baie interessante tyd om ’n student te wees, veral met betrekking tot
transformasie. Die impak van globalisering en sosiale media is ook definitief ’n groot
verandering wat nie in my dae bestaan het nie.

Lekkerste plek vir ’n vinnige koffie?
Ek versamel punte by Häzz en as ek nie tyd daarvoor het nie dan maak ek my eie Nespresso
in my kantoor.

As ek ’n drankie was, was ek…
Cabernet sauvignon.

 

Dr. Ubanesia Adams-Jack
Political Science lecturer

Which advice would you give your younger self as a student?
Enjoy being a student.

What are the high and low points of being a lecturer?
Best part is seeing your students’ progress. The worst part is that you sometimes have to deal with really difficult issues which can be beyond your scope of work.

How does today’s student life differ from when you were a student?
I cannot say, because I haven’t gone to observe what the student life is like now.

Best spot for a quick coffee?
In the Neelsie in the Pulp Cinema.

If I were a drink, I would be…
A cosmopolitan.

 

Dr. Robbie Pott
Process/Chemistry Engineering lecturer

Which advice would you give your younger self as a student?
Don’t work so hard and party more.

What are the high and low points of being a lecturer?
The best part is the student interactions and the worst part is definitely the marking.

How does today’s student life differ from when you were a student?
Now you have cell phones in the class and play on them instead of listening to me. Social media has also massively exploded which can be super powerful with regards to access to your peer groups’ knowledge. It’s massively positive.

Best spot for a quick coffee?
The Blue Crane and the Butterfly.

If I were a drink, I would be…
A well-bodied red wine.

 

Mnr. Schalk van der Merwe
Dosent in Teaterwetenskap

Watter raad sal jy aan jou jonger self as student gee?
Kalmeer. Moenie begin rook nie en begin met jou taak meer as ’n dag voor die tyd.

Wat is die hoogte- en laagtepunte daarvan om ‘n dosent te wees?
Die lekkerste aspek van klasgee is wanneer die studente weg is, want dan kry jy uiteindelik al jou admin gedoen. Die slegste aspek is wanneer die studente weg is met vakansie, want jy het so baie admin om te doen.

Hoe verskil vandag se studentelewe van toe jy studeer het?
Ek dink ons was bietjie meer vrymoedig om onsself te wees. Ons het ook geweet hoe om ’n balans te handhaaf tussen studentelewe en die akademie, wat mens soms vreemd vind teenoor vandag se student.

Lekkerste plek vir ’n vinnige koffie?
Brampton, want daarna kom wyn.

As ek ’n drankie was, was ek ’n…
Gin met Appletiser en komkommer.

 

Foto’s: Dané Dooge