Jy dink nog jy het ’n paar cool uitrustings in jou kas, maar Dané Dooge het dié kiekies gaan neem as bewyse dat ons universiteit se dosente beter styl het as jy. Sy het elke dosent gevra om hul styl te beskryf.

Prof Geo Quinot
(Visedekaan van die Regsfakulteit)
Administratiefreg en Staatsverkrygingsreg


“Glad nie tradisioneel met betrekking tot die stereotipes wat met regsgeleerdes geassosieer word nie. Baie eksperimenteel, maar met ’n klem om altyd professioneel te lyk.”

Prof Gerhard Kemp
Internasionale Strafreg en Strafprosesreg

“Ek moet gemaklik voel. As ek ’n vergadering in die oggend het en ’n funksie in die aand, dan moet my kleredrag al twee moontlikhede kan cover.”

Dr Ubanesia Adams-Jack
Political Science

“Eclectic.”

Dr Lauren Mongie
General Linguistics

“Unicorn!”

Dr Robbie Pott
Process/Chemistry Engineering

“Whatever is on the top of my pile of clothes.”

Mr Schalk van der Merwe
Teaterwetenskap

“Gemaklik, stylvol, kontemporêr-eklekties.”