Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Annerine Snyman

Om ’n erfenis by Maties te laat, asook om saam met spelers herinneringe te bou, is twee van Ryan Bailey, die nuwe hoofafrigter van Maties Krieket, se doelwitte. Dít en natuurlik om trofees te wen.

Bailey is in hierdie pos aangestel, nadat hy die afgelope seisoen as assistent-afrigter by Maties opgetree het.

“Ek het baie daarby gebaat om eers die Maties-strukture te leer ken. Ek dink dit het baie probleme voorkom.

As dit nie vir die afgelope seisoen was nie, sou ek blindelings dinge van die spelers verwag het, wat nie in lyn is met wat hulle werklik kan bied nie,” het Bailey oor sy ervaring van die afgelope seisoen gesê.

Hy plaas baie klem daarop om spelers se veeleisende roosters in ag te neem, veral omdat hulle student-atlete is.

“Ons kan nie willekeurig op lukrake oefeninge besluit en verwag die spelers sal daarby kan hou nie.

Om ’n middeweg tussen soveel uiteenlopende skedules te vind, is definitief my grootste uitdaging sover.”

Bailey was vir 15 jaar ’n professionele krieketspeler. Hy is direk ná skool gekontrakteer en vir die eerste 10 jaar van sy loopbaan, was hy by die Knights in Bloemfontein betrokke. Die laaste paar jaar van sy loopbaan, was hy by die Warriors in Port Elizabeth betrokke, waarna hy sy krieket-akademie, Future Warriors, in dieselfde stad geopen het.

Maties Krieket het al 24 Nasionale spelers opgelewer, maar versuim elke seisoen om enige van die drie hoof krieketkampioenskappe te wen. Hierdie kampioenskappe is USSA, wat vanjaar in Oktober plaasvind, Varsity Krieket en Nasionale Klub Kampioenskappe.

“Dit is beslis een van my hoofdoelwitte om minstens een van hierdie kampioenskappe te wen. Dit sal goed vir die spelers se moraal wees, om te sien dat harde werk vrugte kan afwerp,” het Bailey gesê.

Bailey is uiters lojaal teenoor sy spelers en hy glo die manier hoe hy die spelers hanteer bewys dit. “Die manier hoe spelers teenoor my optree kan my maak of breek. Ek is baie lojaal teenoor my spelers, asook teenoor Maties, al is ek nie ’n oud-Matie nie. Alles wat ek by die krieket doen, is vir my spelers,” het hy gesê.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial