Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

LEMUEL BLIGNAUT

Die meeste van ons is gelukkig met beide ons voete op vaste grond. Daar is egter mense wat verkies om aan hul pinkies rond te hang met moederaarde ver onder hulle.

Vir die rotsklimmers op Stel- lenbosch, wat nou hul sport on-afhanklik kan beoefen, was vastegrond nog nooit genoeg nie.

Rotsklim, wat altyd onder die BTK-vaandel geval het, is sedert November verlede jaarʼn onafhanklike sport, ampte- lik op 18 Februarie van hierdie jaar bekendgestel.

Volgens Oan de Waal, BTK-be- stuurslid verantwoordelik vir die rotsklim, het belangstelling in rots-klim as ʼn sport oor die laaste 5 jaardrasties gegroei.

“Ek verwag om 250 rotsklimle- de deel van die klim-gemeenskap te hê teen die einde van die jaar.” Hy het gesê die rotsklimmers is nie van plan om ’n “BTK-exit maneuver te trek” noudat hul-le ook ʼn onafhanklike sport is nie, maar “om te groei en te verbeter”.

“Ons wil steeds graag hand- aan-hand met die BTK werk, soos altyd omdat ons so baie van dieselfde passies en beginsels deel. Die idee is om spasie te skep vir groei.”

“Nie-studente is ook welkomom deel te neem. Dis ʼn langter- myn wen vir die klim-gemeens- kap, omdat dit nie beperk is tot net studente nie.”

Oor die moontlikheid van ʼn skeiding, het Anke van der Merwe, huidige BTK-bestuurslid in beheer van bemarking, gesê: “Aan die een kant, is daar baie BTK-lede wat rotsklim. Hulle ge-bruik ons as ʼn kanaal om by dierotsklim uit te kom. Maar, as mens na die lede kyk is daar baie wat net wil rotsklim, en nie enigsins aan staptoere wil deelneem nie.

Ek dink in die langtermyn sal dit sin maak om te skei, want hulle het ook hulle eie rotsklim komitee wat niks te doen het met die BTK nie. “Maar tog, as jy by die BTKaansluit is daar die opsie om ʼnbybetaling te doen, en dan kan jy maklik gaan rotsklim ook,” het sy bygevoeg.

Kostes om aan te sluit beloopmaar ʼn skamele R200 per jaar, envoornemende lede is meer as wel-kom om saam met ʼn lid te gaan klim en dan net ʼn klein besoekers fooi te betaal. Om as ʼn sport erken te word, bring ʼn hele buffet voor-dele tafel toe.

Die rotsklimmers kan nou amptelik die “Maties” naam gebruik, laer aansluitingsfooie uitwerk vir diegene wat net wil klim, en nie die hele BTK-lidmaatskapwil hê nie, en na afslag by ʼn helestring aanlyn klimtoerusting-winkels uitsien, om maar ʼn paarte noem.

Dit skep ook die moontlikheid van erekleure kry, en moont-lik self nuwe fasiliteite of ʼnborgskap hier en daar. En diekersie op die koek is ʼn nuwe klim-fasiliteit by Coetzenburg, by diebinnenshuise tennisbane.

Dié gaan glo gereeld gewas word, en die grips gaan gereeldverander en geskuif word. Ledehet 24/7 toegang tot die klimmuur, maar De Waal sê: “Mense verkieswel om elke dag van 17:00-20:00 te oefen en om oor naweke buite tegaan klim op regte rots.”

Gereelde interne kompetisies by die muur, met roetes wat spesiaal uitgelê is, is deel van die vooruitsigte.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial