Suretha Swart
“Die liefde is ‘n vreemde ding. Dit bestaan net as jy daarin glo.”
Liewer is ’n aangrypende verhaal oor die ongewone deel van liefde.
Hiérdie toneelstuk bevat vier mense, twee moderne paartjies van verskillende ouderdomme met hope drama en sinisme. Dit gaan oor die regte lewe, nie die liefdesverhale wat ons altyd sien nie.
’n Hard en duidelike boodskap word oorgedra met akteurs wat hul uitstekend van hul taak kwyt.
Die onderliggende en soms sensitiewe kant van verhoudings word uitgebeeld deur die ineenvlegting daarvan. Die uitmuntende gebruik van media pas perfek in by die 21ste eeu. Daar word byvoorbeeld gebruik gemaak van groot skerms op die verhoog om selfoonskerms ten toon te stel.
As jy al ooit ’n liefdesteleurstelling ervaar het is hierdie produksie vir jou. Jy sal jouself kan vereenselwig met die tonele en selfs bevrediging daaruit kry.
Dit is ook ’n uitstekende idee om dit te gaan kyk as jy wil lag en bietjie meer wil uitvind oor die liefde.
Geskryf deur die Hertzog-pryswenner Tertius Kapp, regie en ontwerp deur Jaco Bouwer.
Met akteurs Anna-Mart van der Merwe, Brendon Daniels, Wilhelm van der Walt en Tarryn Wyngaard.
Die ouderdoms beperking is 16 (N,L).