Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Deur Danielle Joubert

Die Stellenbosch Street Soiree is terug in volle swang ná ’n droewige afwesigheid weens COVID-19. Dié gesogte wynfees word elke tweede Woensdagaand gehou, en spog met wyn van Stellenbosch se ongelooflike wynroete, lekker kos en heerlike musiek in Drostdystraat. 

“Ons bring die wynplase na die studente,” het Llewellyn McDilling, organiseerder van die soirée, gesê. 

“Die ­terugvoer wat ons sover gekry het, is net ­positief; die publiek is mal ­hieroor! Nie net is dit ’n ­fantastiese bemarkingsplatform nie, maar die twee ure lange fees geld as ’n ­indrukwekkende blootstelling aan ons wynroete.” 

Wynplase wat aan die Stellenbosch-wynroete behoort, word genooi om aan die geleentheid deel te neem, en elke wynplaas kan self besluit watter Woensdag hulle verkies. 

’n Kaartjie van R150 koop 10 tokens wat elk uitgeruil kan word vir ’n glas wyn van jou keuse. 

Chloe Farinha, ’n tweedejaar-BScAgric (Plant- en Grondwetenskappe)-student, verklap dat dit nie nét ’n sosiale geleentheid is nie, maar dat die verskeidenheid van wynplase en die gerieflikheid om almal in Drostdystraat te kan ontdek die aand vir seker die moeite werd maak. “Die hele aand was vir my ongelooflik lekker gewees. Ek en my vriendinne kan nie wag om weer te gaan nie,” het Farinha gesê.

Skye de Pontes, ’n tweedejaar-BA (Geesteswetenskappe)-student, het gesê haar gunsteling deel van die aand was die atmosfeer. “Die atmosfeer is baie old Italy – almal kom bymekaar om te kuier, heerlike kos te proe en lekker wyn te drink. Dis ook die perfekte plek om jou nuwe rok te vertoon omdat almal nogal deftig aantrek. Ek kan regtig nie wag om weer te gaan nie!” 

Die volgende Street Soiree word op 23 Maart gehou. ­Kaartjies kan aanlyn op Plankton of by die hekke gekoop word. Maak ­seker jy mis nie op dié fees van wyn en samesyn uit nie! 

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial